Minister en familie gaan alle Digital Vibes-voordele terugbetaal

Deur on

9 Junie 2021

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhize sê sy familie het besluit om alle voordele wat ontvang is van die maatskappy Digital Vibes, terug te betaal.

Mkhize se seun Dedani het ‘n tweedehandse Toyota Land Cruiser bakkie van Digital Vibes ontvang, en die maatskappy het ook vir opgraderings aan Mkhize se familiehuis betaal.

LEES OOK: MINISTER MKHIZE DAAG NIÉ OP OM TERUGVOER TE GEE OOR OMSTREDE KONTRAK NIE

Mkhize hou egter vol dat hy nie persoonlik voordeel getrek het uit die kontrak met Digital Vibes nie, hoewel sy familielede wel gebaat het.

Dié maatskappy is R150-miljoen betaal om glo die minister se media-aangeleenthede te organiseer.

Hy is gister deur president Cyril Ramaphosa op spesiale verlof geplaas, en die minister van toerisme, Mmamaloko Kubayi-Ngubane sal in sy pos waarneem, tot die ondersoeke na die Digital Vibes kontrak afgehandel is.

LEES OOK: ZWELI MKHIZE SE SEUN ONTVANG GLO ‘N BAKKIE BY OMSTREDE MAATSKAPPY

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist