24 Mei 2024
Die Menlyn Inkopiesentrum in Pretoria het uiteindelik ‘n taxi-staanplek gekry ná konstruksie verlede jaar begin het.
Die burgemeester in die Tshwane-metro, Cilliers Brink sê die taxi-staanplek sal as ‘n groot verligting kom vir inwoners wat daagliks verkeersknope in die gesig moes staar voor die inkopiesentrum in Lois-rylaan. Die minibus-taxis het dikwels die pad volgestaan omdat daar geen formele parkering was nie.
Die twee staanplekke maak voorsiening vir 135 standaard grootte minibus-taxis en 18 ekstra lengte voertuie.
Volgens Brink mag vier informele kopers handeldryf binne die taxi-staanplek, en sommiges buite die winkelsentrum in Atterbury-straat.