Meningsopname: 55% van Suid-Afrikaners spaar nie

Deur on

26 September 2024

Die VF Plus sê daar moet dringend weggedoen word met skadelike beleide soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

Die VF Plus-LP, Phillip van Staden meen indien ‘n vryemarkstelsel gevolg word sal dit lei tot ekonomiese groei, vooruitgang en werkskepping.

Van Staden meen die huidige ANC-regeringsbeleid het bloot patronaatskap bevorder tot nadeel van die ekonomie en die groter bevolking wat toenemend in armoede gedompel is.

Hy sê ‘n onlangse meningspeiling oor bestedingsgewoontes het aangedui hoe moeilik miljoene mense in die land dit vind om te oorleef met ʼn karige of geen inkomste.

Dit wys dat Suid-Afrikaners met ʼn maandelikse inkomste van sowat R2500 per maand gemiddeld R758 per maand aan kos bestee. Hy sê ʼn ander peiling van ʼn finansiële instelling het getoon dat 55% van Suid-Afrikaners tans nie kan spaar nie en dat 31% geensins vir hul aftrede spaar nie. 

ʼn Ander peiling van ʼn finansiële instelling het getoon dat 55% van Suid-Afrikaners tans nie kan spaar nie en dat 31% geensins vir hul aftrede spaar nie. Altesame 11% van die bevolking bestee maandeliks meer as wat hulle verdien.

Volgens van Staden leef baie mense op skuld.


Current track

Title

Artist