Meng jou met de semels: Koalisiepolitiek en Vlagverbranding

Deur on

Nuuskommentaar: 15 Mei 2024

Deur: Herman Toerien

Namate die algemene en provinsiale verkiesing nader kom, hoe meer laat die situasie ‘n mens aan ‘n broeikas én ‘n kweekhuis dink. Met broeikas word daardie toestel bedoel wat in hospitale gebruik word om onder meer vroeggebore babas sterk genoeg te laat word dat hulle die lewe mettertyd op eie bene kan aandurf. Met kweekhuis word hier verwys na ‘n beskermde tuin waar onder meer plante geteel word wat meer siektebestand, of droogtebestand is, en steeds al mooier blom of beter vrugte dra.

Die gevaar bestaan natuurlik dat die proses kan hande uitruk, soos wat voorheen met Venus gebeur het en die planeet in ‘n onherbergsame plek met oppervlak-temperature van meer as 90 grade Celsius ontwikkel het. Die aarde tton ook tekens dat die kweekhuisgasse van ons broeikas besig is om ons planeet se leefbaarheid onder druk te plaas.

Koalisiepolitiek in Suid-Afrika word nou ook aan broeikas en kweekhuis-faktore onderwerp. Die doel is om die beste regeringsvorm te vind wat sal voorkom dat die land opnuut ‘n situasie beleef wat sterk aan ‘n diktatuur van die meerderheid herinner. Samewerking tussen partye is in Suid-Afrika nie heeltemal vreemd nie, soos ons ervaring met die destydse Smelters, en later die NNP wat by die ANC aangesluit het om daar ons stem te kan wees … ‘n baie stil stem inderdaad.

In Suid-Afrika is dit, of die politici wil saamstem of nie, ‘n gedurige soeke na meganismes en metodes wat die effek moet teenwerk as ‘n unitêre grondwet gekies is vir ‘n land wat juis besonder heterogeen is. Die koalisie-eksperiment kan in ongemaklik baie opsigte as sodanig beskou word.

Die werklikhede in Suid-Afrika verskil te veel van dié van Europa, waar koalisiepolitiek die normale wyse van doen is. In baie opsigte is situasies in Suid-Afrika. Daar is nasiestate, wat hier as bose apartheid opgedis word, daar het minderheidsvolke gootliks outonomie en selfregering, en is ‘n formele handves van minderheidsregte van krag. Hier durf Wes-Kapenaars nie vir groter selfbestuur te vra nie, laat staan nog selfbeskikking, dan word die apartheidspook  opgehaal.

Kortom, koalisiepolitiek is nie ontwerp as meganisme om spesifiek diversiteit te ondervang nie, maar dit voorkom in die reël ‘n meerderheidsdiktatuur deurdat kleiner partye kan saamspan om saam meerderheidsvergrype aan te spreek.

Maar binne die kweekhuis moet ook baie groeipyne uitgestryk word. Die Veelparty-handves ervaar reeds heelwat hiervan. In die Drakenstein-munisipaliteit wat die Paarl, Wellington en ander ondervang, was die Vryheidsfront Plus saam met verskeie ander partye instrumenteel dat ‘n mosie van wantroue in die burgemeester geslaag het. Ongeveer ‘n derde van die DA-raadslede het ook vir die moesie gestem, maar die ACDP, wat ook lid van die VHP is, het vermoedelik vir die DA gestem. Die DA, wat die burgemeester hierna as lid van die provinsiale parlement herontplooi het, het wyd onder kritiek deurgeloop oor hoe hulle die saak hanteer het,

Dit alles skynbaar ter wille van bruin steun, wat op die oog af soos ‘n bom “gewrk” het. onder andere in hoofartikels in die Paarl Post en die Cape Times, terwyl Daie van Die Burger ook hard slae uitgedeel het.

Dit lyk ook nou of die DA van veral Action SA, ook ‘n VHP-deelgenoot, teenspoed kry. Action SA het skerp onder die DA oor sy omstrede vlagverbrandingadvertensie ingeseil, en boonop die volgende dg joernaliste op helikopter-uitstappies geneem om te wys hoe Kaapstad, die DA se kroonjuweel, die see met riool besoedel.  By dié geleentheid het Action SA beklemtoon dat hul deelname aan die VPH nie sy reg, of eintlik plig, verhinder om te wys wat fout is nie.

Moet die DA nie dalk deur die VPH aangespreek word oor optredes wat vir die VHP ‘n verleentheid word, of kan word nie.

Die Action SA het pas die advertensie veroordeel, terwyl die City Press ook in ‘n hoofartikel ongelukkig daaroor is. Die vlagverbardingsdebakel verdien egter ‘’n bietjie meer aandag:

Die DA se verduideliking oor hoekom die advertensie gemaak is, maak sin – maar net vir sekere gehore. Die party het die internasionale en Suid-Afrikaanse konteks uit die oog verloor.

Vlagverbranding vind gereeld oor die wêreld plaas, en is byna uitsluitlik bedoel om ‘n boodskap van die uiterste afkeer aan lande te toon, soos teen Israel, Iran en ander. Dit kan in ‘n sekere sin vergelyk word met Koran-verbranding wat al in verskeie lande voorgekom het, en die Moslemgemeenskap baie heftig laat reageer het. In baie lande is vlagverbranding en vlagskending strafbare misdade. Ironies maak dit onder bepaalde omstadighede in sekere lande deel van normale praktyke uit, soos om die vlag waaronder ‘n gevqalle solaat se kis gedrapeer is, te verbrand.

In die Suid-Afrikaanse konteks word dit wel deur die regering as simbool van eenheid aangebied, maar dit is nie noodwendig almal se siening nie. Daar word heeltemal te min klem geplaas op die feit dat eenheid ‘n leë woord is as versoening nie deel van die pakket is nie, en hieraan maak die ANC hom by uitstek skuldig deur traag op te tree teen rassistiese haatspraak deur politici soos Julius Malema, die afmaak van plaasaanvalle, die erodering van Afrikaans en vele meer.

Hierteenoor het die ou Suid-Afrikaanse vlag die grootste minagting denkbaar op die lyf geloop deurdat die Gelykheidshof dit formeel tot haatspraak verklaar het.

Die DA het vanuit ‘n oënskynlike kortsigtige en meerderwaardigheidshoek ‘n skynwenner losgeslaan. Eerstens kon die verduideliking nie tred hou met die emosionele opsweping daarteen nie. Die eintlike vraag is of daar nie iets anders as die vlag gebruik kon word wat dieselfde positiewe uitwerking, maar sonder die negatiewe, sou kon opwek nie? Op die oog af sou dit kon werk as ‘n kaart van Suid-Afrika in plaas van die landsvlag gebruik gewees het. Die kaart kan ook aan die einde in ere herstel word.

Die kaart leen hom ook tot ‘n groter veelsydigheid van gebruike. So kon daar in elke provinsie ‘n vlam wees wat naderhand hande uitruk. Die Wes-Kaap sou vlamvry uitgebeeld kon wees, maar dit kon ook oorweeg word om by munisipaliteite in die Wes-Kaap wat in ANC- of ANC-gesinde rade se beheer is, kleiner vlammetjies aan te dui, bv Knysna.

Die hele kwessie plaas die VF Plus en ander koalisievennote in ‘n moeilike posisie.  

Die advertensie het volgens media-mededelings eintlik goed onder wit mense afgegaan het en sleg onder swart mense. Koalisies kan nie so ontwerp wees dat dit die deelnemende partye onderling benadeel nie. En hier sal beter oplossings gevind moet word as net inskrywings op die handves self – dit moet so bewoord word dat die gewone kiesers dit kan verstaan en hom daarmee vereenselwig.


Current track

Title

Artist