Meer as 65 000 gevalle van wangedrag in vyf maande in Vrystaatse skole aangemeld

Deur on

5 Desember 2023

Die departement van onderwys in die Vrystaat sê 65 650 voorvalle van wangedrag is tussen Julie en November vanjaar in 1 036 Vrystaatse skole aangemeld.

50 725 van hierdie gevalle word beskou as vlak 1-voorvalle, waarvan 29 253 gevalle is waar kinders nie hulle huiswerk gedoen het nie, en 12 645 gevalle vir kinders wat nie betyds opgedaag het vir klas nie.

Vlak 1 gevalle word beskou as nie te ernstig nie, terwyl vlak 5 gevalle die ernstigste misdrywe is.

Die vlak vyf-gevalle lyk soos volg:

  • 350 voorvalle van aanranding
  • 164 gevalle van seksuele teistering- of misbruik
  • 89 gevalle vir die besit en verkoop van dwelms
  • 44 Ernstige diefstal
  • 24 gevalle waartydens ‘n wapen gebruik is.

Die Paul Roux Intermediêre Skool in die Thabo Mofutsanyana-distrik hou die negatiewe rekord van die meeste vlak 3- tot vlak 5 minsdrywe met 225. ‘n Onderwyser aan die skool het aan News24 gesê dat die grootste probleem in die skool die gebruik van dagga is.

Daar was ook gevalle van diefstal.

Die Oranjekrag Gekombineerde Skool het 96 vlak 3- to 5 misdrywe en die Dr Blok Sekondêre Skool het 62 misdrywe van dié vlakke.

Ondanks die talle voorvalle van wangedrag, is die Vrystaat reeds vir baie jare die provinsie wat die beste vaar wat die matriekeindeksamen-uitslae betref. Die provinsie kon verlede jaar ‘n slaagsyfer van 85,5% behaal – dus nommer een in die land.


Lees verder

Current track

Title

Artist