11 Desember 2024
Meer as 540 spazawinkels in Gauteng is gesluit, nadat daar bevind is dat hulle sonder die nodige dokumentasie bedryf is of nié aan die omgewing se gesondheidstandaarde voldoen het nie.
Eienaars van Spazawinkels het tot Vrydag, 13 Desember, kans om hulle besighede te registreer.
Die president se bevel volg na verskeie voorvalle van voedselvergiftiging wat die dood van meer as 20 kinders die afgelope paar maande tot gevolg gehad het. Talle leerlinge moes ook gehospitaliseer word nadat hulle besmette kos by spazawinkels of snoepwinkels gekoop het.
Gauteng se waarnemende premier, Lebogang Maile, het aan joernaliste gesê die regering sal nie toelaat dat inwoners se menseregte geskend word omdat spazawinkels nie die regulasies nakom nie.