Meer as 200 mense tydens Paasnaweek in padongelukke dood

Deur on

8 April 2021

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het die afgelope Paasnaweek se verkeerstatistiek en padsterftes bekend gemaak.

Volgens hom was die N1 noord na Limpopo, die N3 in die rigting van KwaZulu-Natal en die N4 na Mpumalanga van die besigste paaie. Hy sê op die N3 was daar ongeveer 151 143 voertuie die afgelope naweek gevolg deur 120 573 voertuie op die N1 en N4 tussen Gauteng, Limpopo en Noordwes.

Mbalula sê minstens 35% van mense, wat dié Paasnaweek dood is, was voetgangers.

Volgens hom dui die voorlopige ondersoeke daar op dat 189 ongelukke aangemeld is, waarvan 235 mense dood is.

Wat die provinsies betref, het die meeste ongelukke weer in KwaZulu-Natal plaasgevind. Daar was 42 ongelukke, waarvan 57 mense dood is.

In Gauteng is 30 ongelukke aangemeld waarvan 36 mense dood is. In Limpopo is daar 34 mense in 27 padongelukke dood.

Sien die grafiek hier onder vir die totale ongelukke en sterftes in die onderskeie provinsies:

Infografika: Mari Oosthuizen

Wat die oortredings betref, is nagenoeg 32 000 boetes uitgereik. Mbalula sê 438 motoriste is in hegtenis geneem omdat hulle onder die invloed van drank bestuur het.

112 motoriste is in hegtenis geneem vir die oortreding van die spoedgrens, gevolg deur 28 inhegtenisnames vir nalatige en roekelose bestuur.

Foto: Twitter

Current track

Title

Artist