MEDIESE GESPREK – 2024

Deur on

Mediese gesprekke deur geregistreerde medici en kundiges

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters meen geestesgesondheidsbehandeling moet meer toeganklik, en van ‘n hoër gehalte wees, as geslagsgeweld ooit uitgeroei gaan word.
Ek sluit aan by ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, dr Melané van Zyl.
Die vakansieseisoen is hier. Baie van ons is op pad na vakansiebestemmings ver weg van die huis af… en hoewel ons ’n noodhulpkissie met die basiese benodighede pak is mens nie altyd na behore voorberei vir noodgevalle tydens die vakansie nie.Daarom gesels ons in vandag se Mediese Gesprek met dr. Neville Vlok, ’n spesialisnoodarts of traumadokter by die Netcare Unitas-hospitaal.
’n Nuwe vennootskap wat gesmee is stel ouers in staat om hulle kinders se gesondheidsinligting ván geboorte af op rekord te hou. Dié samewerkingsooreenkoms is gesmee tussen die persoonlike digitale gesondheidskluis, Ajuda en die Nasionale Metabolomika-platform wat gestoor word by die Sentrum vir Menslike Metabolomika by die Noord-Wes-Universiteit. Ons gesels met Christine Myburg, die besigheidsontwikkelingsbestuurder by Ajuda.
Katarakte is steeds die hoofrede vir blindheid wêreldwyd, al kan dit volgens kenners voorkom word. Volgens die nie-winsgewende-organisasie, Right to Sight trust is sowat 2-honderd-en-50-duisend mense in Suid-Afrika blind as gevolg van katarakte. Die organisasie meen hoewel operasies om katarakte te verwyder, van die mees koste-effektiewe operasies is, beleef tussen 40- en 60-persent van mense sig-verlies as ‘n direkte gevolg van katarakte. Volgens die organisasie kom katarakte ál meer voor by jongmense weens diabetes. ‘n Raadslid van die Right to Sight-trust, dr. Jan Talma deel sy kennis met ons.
Beroertes is een van die hoofoorsake van dood en langtermyn gestremdheid wêreldwyd.
Volgens syfers van die Heart and Stroke Foundation sterf 225 Suid-Afrikaners elke dag aan beroertes en hartkwale en tien mense kry elke uur ’n beroerte-aanval. Beroerteweek het pas – op die 3de November – geëindig en daarom fokus ons in die Mediese Gesprek op voorkoming en die belangrikheid van vroegtydige diagnose. Ons sluit aan by Joha-Nita Jordaan, kliniekbestuurder by Dis-Chem.
Die verdowingsmiddel, ketamien kan ‘n lewensredder wees vir mense wat aan ernstige depressie lei, asook diegene wat ‘n hoë risiko loop om hulle eie lewe te neem. Psigiaters waarsku egter dat hoewel die middel lewens kan red, kan dit lewensgevaarlik wees indien dit sonder toesig, en nie in die regte hoeveelhede geneem word nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters word daar toenemend meer navorsing gedoen oor ketamien as behandeling vir ernstige depressie by diegene wat nie ‘n verbetering getoon het op tradisionele anti-deprissante nie. Volgens die vereniging kan mense hulle bewussyn verloor indien die regte hoeveelhede nie geneem word nie. Ons met ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, dr Melané van Zyl.
Vandag gesels ons oor ’n gehoorprobleem wat die lyers daaraan tot raserny kan dryf as dit onbehandeld gelaat word… en dít is Tinnitus. Tinnitus is die persepsie van klank of geluide wat nie ’n buitebron het nie, so, ander mense kan dit nie hoor nie, net diegene wat daaraan ly. Ons gesels met Janah du Plessis, gehoorspesialis by Hearing@Loftus hieroor.
‘n Onlangse studie deur die Stellenbosch Bestuurskool, oor vroue in die werksplek, het getoon dat vroue 25% meer van hul werkslewe gesondheidsuitdagings as teenoor mans ervaar. Volgens die bestuurskool kan vroue se gesondheid egter verbeter, indien werkgewers beter ondersteuning bied. Dit sal op sy beurt produktiwiteit en ekonomiese groei binne ‘n werksplek verseker. Volgens die bestuurskool is dit belangrik vir werkgewers om te besef dat vroue se lywe en gesonheid eenvoudig nie dieselfde is as die van mans nie. Om gesels met die Hoof van Gesondheidsleierskap aan die Stellenbosch Bestuurskool, prof Renata Schoeman.
Sepsis is ‘n ernstige toestand waartydens die liggaam nié behoorlik reageer op ‘n infeksie nie. Sepsis is in Sub-Sahara Afrika verantwoordelik vir sowat 2-miljoen sterftes jaarliks. Volgens die Mediclinic-groep word sepsis dikwels nie gediagnoseer nie, of word dit nie aangemeld nie. Die groep meen dit is daarom uiters belangrik dat meer gedoen word om bewusmaking te skep oor sepsis, en die gevare wat dit kan inhou. Ons gesels met Riani Retief, Mediclinic Suid-Afrika se kliniese gehaltespesialis.
“Beëindig geweld – Beskerm die rugmurg” was die tema van vanjaar se rugmurgbeseringsmaand en het gefokus op die behoefte om die oorsake van rugmurgbeserings die hoof te bied en te voorkom, veral dié wat uit dade van geweld spruit. Ons gesels met Nadine Botha, arbeidsterapeut verbonde aan Rita Henn en Vennote by Mediclinic Muelmed in Pretoria en met Tyron Harding, oudpasiënt by dié praktyk wat ’n rugmurgbesering opgedoen het as gevolg van geweldmisdaad.
Onlangse navorsing wat deur die Amerikaanse sielkundige, Mark Travers, onderneem is, het bevind dat die keuse om ’n hond as troeteldier aan te hou ’n opbouende uitwerking op jou selfbeeld het… en dat honde-eienaars geneig is om ’n beter selfbeeld te hê as mense sonder honde. Die verband wat getrek kan word tussen geesteswelstand en honde is noemenswaardig. Ons gesels met die Pretoriase kliniese sielkundige, Lucinda Risseeuw met ’n privaat praktyk in Les Marais
Suid-Afrikaanse mans word deur verskeie gesondheidsprobleme in die gesig gestaar, maar met ’n merkbare onwilligheid om vroegtydig dokter toe te gaan, vererger die probleme net. Vandag neem ons mannegesondheid onder die loep saam met Ernst van Rensburg, Dis-Chem se administratiewe kliniekbestuurder.
Seisoenale allergieë ontwikkel wanneer die liggaam se immuunstelsel oorreageer op iets in die omgewing, gewoonlik gedurende die lente, somer of herfs wanneer sekere plante bestuif. Ander allergieë kan ook later ontwikkel veral teenoor sekere voedselsoorte. Eiers, graan, neute en melk is veral kossoorte waarvoor baie mense in ‘n stadium van hulle lewens ‘n allergie ontwikkel. Maar, om hierdie allergieë teen te werk kan essensiële olies gebruik word, of ‘n aanpassing in jou dieet kan ook gemaak word. Ek sluit aan by Minette Visser, die eienaar van Simply Flourish asook ‘n holistiese gesondheids- en welstandsafrigter.
’n Artroskopiese prosedure – waartydens gemaalde kraakbeen gebruik is om ’n knie te herstel – is vir die eerste keer met ’n nuwe tegniek in Suid-Afrika deur deur die ortopediese sjirurg, dr. David North van die Winelands Knee Clinic in die Paarl uitgevoer. Ons gesels met dr. North.
30% van jou liggaam se proteïene bestaan uit kollageen, daarom is dit so belangrik dat jy nie ‘n tekort het nie. Kollageen voorsien jou vel, spiere, bene en weefsel van die nodige struktuur, steun en krag. Dit word in mediese artikels beskryf as die primêre boustene van jou bene, spiere, vel, weefsel en ligamente. Kollageen verskaf ook ‘n sogenaamde beskermingslaag vir jou organe, en kan ‘n rol speel in die vervanging van dooie selle. Ek sluit telefonies aan by die eienaar van Simply Flourish asook ‘n holistiese gesondheids- en welstandsafrigter, Minette Visser.
Moet ek babataal met my baba praat? Én ons praat oor óuertaal, dié taal waarmee jy met baba’s behoort te praat. Dit behels oordrywing, herhaling, ’n stadiger tempo en ’n hoër toonhoogte… Ons gesels met Luistervink Stories se Hannekie Verwoerd.
‘n Onlangse Gallup-verslag toon dat 36-persent van die werksmag ‘n buitensporige hoeveelheid daaglikse spanning beleef, terwyl 71-persent van werknemers ernstige tekens van uitbranding in die werkplek toon. Volgens studies is diegene wat hardwerkend en toegewyd is, meer vatbaar vir uitbranding en lei dit dikwels tot emosionele, geestelike en fisiese uitputting weens voortslepende of herhaaldelike spanning in die werksplek. Ons gesels met die hoof van Gesondheidsleierskap aan die Stellenbosch Bestuurskool, prof Renata Schoeman.
Die speenproses is vir elke ma en elke baba anders… en ouers kan dit ook met gemak só benader. Die kundiges help deur die proses in drie dele – volgens ouderdomsgroepe – te verdeel: die voorstel van vaste kosse vanaf 6 maande, meer teksture en smake van sewe maande af en laastens ’n wyer verskeidenheid én huiskos vanaf nege tot twaalf maande. Ons gesels vandag met Christine Klynhans, ‘n verpleegkundige en borsvoedingskonsultant.
Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters is 45,3% van mense ouer as 15 jaar hoogs ontevrede met hulle liggaamstipe en grootte. Ons sluit telefonies aan by ‘n lid van die vereniging, dr Ronel Williams.
Skewe tande. Dit voel – as jy met mense gesels – of die helfte van die samelewing treinspore of draadjies gehad het om hulle glimlag esteties te verbeter. Ons gesels vandag oor skewe tande met die estetiese mondsjirurg en gesig-estetika-spesialis, dr. Sheryl Smithies.
Teen die ouderdom van 17 sou ses uit elke 10 Suid-Afrikaanse kinders minstens een negatiewe ervaring deurmaak, wat angs kan meebring en as traumaties beskryf word. Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters kan hierdie kindertrauma ‘n reuse impak op die ontwikkelende brein hê, wat uiteindelik tot lewenslange probleme, beide emosioneel en fisies kan lei. Volgens ‘n 2023 Suid-Afrikaanse studie kan hierdie negatiewe ervarings tydens kinderjare, ‘n persoon se kans om met depressie gediagnoseer te word, met 12% verhoog, terwyl hulle ‘n 10% groter kans het om met angs saam te leef. Ek sluit nou telefonies aan by ‘n raadslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, dr Kobus Roux.
Aknee kan oud en jonk se hele lewe sommer omkrap, want aknee het ’n direkte uitwerking op ons selfbeeld. Aknee wat op die rug voorkom is dalk nie so sigbaar nie, maar baie algemeen… nie net onder tieners nie. Ons gesels oor die voorkoms van en oplossings vir aknee met Karen Bester van Lamelle Research Laboratories.
Polisistiese ovariumsindroom, oftewel PCOS raak vroue se hormone en kan daartoe lei dat die betrokke vrou nie gereeld menstrueer nie, of langdurige menstruasie beleef. PCOS veroorsaak dat talle klein vloeistofsakkies op die vrou se eierstokke vorm. Hierdie sakkies lei daartoe dat eiers nie gereeld afgesky word nie. Indien dit nie behandel word nie kan dit tipe 2-diabetes of hartsiektes veroorsaak. Ek sluit telefonies aan by ‘n senior mediese-direkteur by die Genesis Voorplantingsentrum, en ginekoloog, dr. Abri de Bruin.
Veelvuldige sklerose, MS, is ’n ingewikkelde neurologiese siekte waardeur twee komma 9 miljoen mense wêreldwyd geraak word. Daar word steeds elke dag gemiddeld 300 mense met dié siekte gediagnoseer.
Vandag werp ons die kollig op MS saam met Christelle Taute, die tesourier van Veelvuldige Sklerose Suid-Afrika.
Die belangrikheid van goeie dermgesondheid, veral in die winter maande word dikwels onderskat. Volgens die eienaar van Simply Flourish asook ‘n holistiese gesondheids- en welstandsafrigter, Minette Visser kan goeie dermgesondheid simptome van depressie verlig, en ook serotonien vrystel.
’n Problematiese skildklier kan ’n mens se lewensgehalte beduidend benadeel.
Die uitwerking van ongediagnoseerde skildklierprobleme of probleme wat nie na behore behandel word nie is in die kollig geplaas in Internasionale Skildklierbewusmakingsweek.
Een komma ses miljard mense wêreldwyd loop die gevaar om skildkliersiektes te ontwikkel en een uit elke agt vrouens sal in hul lewe te make kry met skildklierprobleme.
Ons sluit nou aan by dr. Ankia Coetzee, ’n endokrinoloog.
Wêreld Myopia bewusmakingsweek het onlangs plaasgevind. Die doel van die week is om spesifiek die klem te plaas op kinders wat bysiende is. Ons gesels met Dr Cor van Zyl, raadslid van die SA Katarak-en refraktiewechirurgievereniging.
Navorsing het onlangs getoon dat daar ’n verband is tussen ’n vitamiene B12-tekort en chroniese inflammasie wat op sý beurt weer die oorsaak is van onder meer hartsiektes en diabetes.
’n Vitamiene B12-tekort kan ook die ingewande meer vatbaar maak vir antibiotikaweerstandigheid.
Ons gesels oor die gevare wat hierdie tekort vir ons kan inhou en wat die oplossings is met dr. Arnike Redelinghuys
Endometriose is een van die hoofredes waarom miljoene vroue nie kan swanger raak nie. Ons gesels met Dr Abri de Bruin, mediese-direkteur van die Genesis Voortplantingsentrum en ginekoloog.
Die hele Aprilmaand is afgestaan aan ledemaatverlies… wat steeds in vandag se dae baie min aandag geniet.
En tog – hoewel ons onsself in ’n gevorderde eeu bevind – is dié mense wat ledemate verloor het – steeds in ’n stryd gewikkel om elke dag uitdagings waarmee hulle gekonfronteer word die hoof te bied.
Marco du Plooy werk sedert 1999 as ’n mediese prostetis en sluit by ons aan.
Wêreldbeweging vir Gesondheidsdag vind jaarliks op 10 Mei plaas, en benadruk opnuut die belangrikheid van beweging en fisiese oefening om goeie gesondheid te bevorder.
Volgens die nasionale departement van gesondheid is die dag belangrik om opnuut te fokus op fisiese oefeninge, en oefenprogramme wat deur enigiemand gevolg kan word. Ek sluit aan by ‘n fisioterapeut en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Fisioterapie se Noord-Gautengse streek, Anika Steyn.
Die 30-jarige Isabeau Durie-Green van Durbanville in die Kaap se lewe het handomkeer verander toe sy vir bariatriese sjirurgie gegaan het. Sy sê dié sjirurgie was haar laaste hoop.
Durie-Green het haar lewe en huis oopgestel vir ’n kameraspan wat haar storie in die dokumentêr, In die weegskaal, vir Netwerk24 vertel het.
Mense ongeag hulle agtergrond, ras, kultuur of geloof het die reg tot basiese, goeie gesondheidsorg. Maar om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf strek egter soveel verder as gratis gesondheidsorg.
 
Leefstylkeuses soos jou dieet, oefening en enige vorm van verslawing speel ‘n belangrike rol om mense gesond te hou. Volgens die Stellenbosch Bestuurskool is sterftes in Suid-Afrika weens nie-oordraagbare siektes, soos diabetes, kardiovaskulêre siektes en kanker aan die toeneem.
 
Om opnuut die fokus te plaas op ‘n gesonde leefstyl vind Wêreldgesondheidsdag jaarliks op 7 April plaas. Ons gesels met prof Renata Schoeman, die hoof van gesondheidsleierskap aan die Stellenbosch Bestuurskool.
Die wêreld het op 21 Maart die kollig gewerp op downsindroom. Volgens navorsing is downsindroom die algemeenste genetiese oorsaak van intellektuele agterstand in Suid-Afrika. Die sindroom kom dus relatief algemeen in Suid-Afrika voor.
 
Vir meer besonderhede sluit ons by dr. Engela Honey aan. Sy is ’n senior lektrise by die departement biochemie, genetika en mikrobiologie by die Universiteit van Pretoria en ‘n senior spesialis in pediatrie met die fokus op kinders met genetiese defekte.
Die wêreld het op 21 Maart die kollig gewerp op downsindroom. Volgens navorsing is downsindroom die algemeenste genetiese oorsaak van intellektuele agterstand in Suid-Afrika. Die sindroom kom dus relatief algemeen in Suid-Afrika voor.
Vir meer besonderhede sluit ons by dr. Engela Honey aan. Sy is ’n senior lektrise by die departement biochemie, genetika en mikrobiologie by die Universiteit van Pretoria en ‘n senior spesialis in pediatrie met die fokus op kinders met genetiese defekte.
Maart is Breinbeseringsbewustheidsmaand… en vanjaar word daar gefokus op slagoffers van breinbeserings, aangesien miljoene mense regoor die wêreld jaarliks ’n opdraandestryd moet deurmaak om ná só ’n besering weer op die been te kom.

Ons gesels vandag in ons Mediese Gesprek met Mariska Bienedell, spraakterapeut van Rita Henn & Vennote by Rehab@Muelmed.

Slegs 20% van alle lande, verplig maatskappye se werkgewers om elke dag ‘n tyd opsy te sit vir sy vroulike werknemers wat borsvoed of melk moet pomp. Dit is ook die enigste lande ter wêreld waar maatskappye verplig word om ‘n vaste vertrek of spasie te hê vir dié doeleinde.

Dit volgens data deur die Wêreldgesondheidsorganisasie. Volgens die WGO word minder as helfde van alle babas onder die ouderdom van ses maande, wêreldwyd eksklusief geborsvoed. ‘n Dieetkundige verbonde aan die departement van mensvoeding by die Universiteit van Pretoria, Natascha Olivier sluit by ons aan.
Vanjaar is Seldsame Siektedag op 29 Februarie gevier, die skaarsste dag op die kalender.
Daar is regoor die wêreld sowat 400 miljoen mense wat met seldsame siektes saamleef, 100 miljoen is in Afrika en in Suid-Afrika word sowat een uit elke 15 mense deur seldsame siektes geraak.
 
Ons gesels vandag in ons Mediese Gesprek met die genetikus, professor Shahida Moosa, wat aan die hoof staan van die Navorsingsgroep vir Seldsame Siekte-genomika aan die Universiteit Stellenbosch.
Wêreldwyd is tienerswangerskappe – dus meisies tussen 15- en 19 jaar oud – besig om stadig maar seker af te neem. Maar in Suid-Afrika, vind die teenoorgestelde plaas en neem dit toe.
Rolspelers by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters (SASOP) het vroeër vandeesmaand tydens swangerskapbewusmakingsmaand die klem geplaas op tienermeisies se geestesgesondheid sou hulle swanger raak.
Op Kersdag in 2023 is 1-duisend-7-honderd-en-agt geboortes landwyd aangemeld. 1-honderd-45 van die geboortes was aan tienermoeders, gevolg deur 1-honderd-en-90 geboortes op Nuwejaarsdag waarvan twee meisies 14 jaar oud was.
Twee uit drie adolessente wat met pulmonale tuberkulose – TB – gediagnoseer is, ervaar long-abnormaliteite selfs nadat hulle die behandeling vir hierdie siekte suksesvol voltooi het.
Dit is een van die bevindinge in ‘n nuwe studie deur navorsers van die Universiteit Stellenbosch, wat onlangs in die mediese joernaal, The Lancet se reeks, eClinicalMedicine gepubliseer is. Dit is die eerste studie wat longfunksie in adolessente met TB omvattend geassesseer het tydens én na voltooiing van anti-TB-behandeling.
Ek sluit nou telefonies aan by die studieleier verbonde aan die US se Desmond Tutu TB Sentrum, dr Marieke van der Zalm.
Jou vel is jou grootste orgaan. Waarom het ons hierdie orgaan wat so eie aan elkeen van ons is? Die antwoord is eenvoudig: Om ons teen hitte, die son, lig, beserings en infeksies te beskerm.
Jou vel maak sowat 15 persent van jou algehele liggaamsgewig uit, jou vel huisves 17 kilometer se bloedvate en… jy verloor sowat 30-duisend velselletjies per minuut.
Jou vel is die dunste op jou ooglede en in ons hittige weer het jy al seker gewonder hoeveel jy sweet? Wel, op ’n warm dag stel die vel maklik elf liter se sweet vry.
Is dit nie ongelooflik nie?! Maar dit is ook waarom dit uiters belangrik is om jou vel op te pas.
Vandag gesels ons met dr. Melani Parkin van Dr. Mel Aesthetics in Pretoria oor alles vel.
Daar is tans ‘n wêreldwye tekort aan medikasie vir aandagafleibare hiperaktiwiteits-sindroom, of ADHD.
Volgens die Hoof van Gesondheidsleierskap aan die Stellenbosch Bestuurskool, prof Renata Schoeman kan die tekort toegeskryf word aan ‘n toename in die vraag na hierdie medikasie, asook probleme met die vervaardiging daarvan.
Volgens Schoeman probeer gesondheidspesialiste hulle bes om die medikasie te bekom, maar meen die tekort is buite beheer. Ek sluit nou telefonies aan by prof Renata Schoeman.
Suid-Afrika verwag weer ’n uitbreking van die RS-virus tydens die 2024-seisoen wat in Februarie begin en in Junie eindig.
Vir hoërisiko-kinders is RSV nie net ’n verkoue nie, dit kan lewensgevaarlik wees.
Dié asemhalingsvirus kom algemeen voor, is hoogs aansteeklik en veroorsaak infeksie in die longe en asemhalingskanaal.
Vir besonderhede sluit ons by dr. Susan Annandale, ’n pediater met ’n privaat praktyk in Vredenburg aan die Weskus, aan.
Vroeër die maand was dit internasionale Braille-dag, met die tema wat gefokus het op bemagtiging deur insluiting en diversiteit.
Die Verenigde Nasies skryf in ‘n artikel dat dit al om bekend is dat mense met gestremdhede, wêreldwyd soms beperkte toegang het tot onderandere gesondheidsorg, onderrig, en indiensneming.
Dieselfde kan ook gesê word van Braille wat nie vrylik beskikbaar is vir die blindes nie. Braille is ‘n alfabet wat gemaak word uit knoppies, sodat blinde persone dit kan voel en dus kan lees. Máár is braille-leesstof vir almal toeganklik?
Ek sluit nou telefonies aan by die visie-president van BlindSA, Christo de Klerk.
Dis ’n nuwe jaar… en hoeveel van ons stel nie vir onsself voornemens om gesonder te eet, ’n kilogram of drie af te skud of fikser te word nie?
Is die ingesteldheid: ’n Nuwe jaar, ’n nuwe jy ’n feit of ’n mite…?
Vandag gesels ons met Carla Gerryts, dieetkundige by Petri Fourie-dieetkundiges wat ook betrokke is by die Evexia-dagpsigiatriese hospitaal in Menlyn, Pretoria in die eerste Mediese Gesprek van 2024.

Current track

Title

Artist