MEDIESE GESPREK – 2023

Deur on

Mediese gesprekke deur Geregistreerde Medisie en Kundiges

Moet ek babataal met my baba praat? Én ons praat oor óuertaal, dié taal waarmee jy met baba’s behoort te praat. Dit behels oordrywing, herhaling, ’n stadiger tempo en ’n hoër toonhoogte…
Ons gesels in vandag se Mediese Gesprek met Luistervink Stories se Hannekie Verwoerd.
Die Kersfeesseisoen klop aan ons deur en almal raak opgewonde oor die rustyd wat voorlê. Ván ons is bevoorreg om weg te gaan na die land se mooiste vakansiebestemmings, terwyl ander bevoorreg is om tuis te kan bly en batterye te herlaai. Maar terwyl die land byna in hibernasie gaan wat werk betref bestaan Murphy en kan dinge wat ons gesondheid betref op die ongaanste tye skeefloop.
Wat dan gemaak?
Ons sluit nou vir ons laaste Mediese Gesprek vir 2023 aan by Xander Loubser, paramedikus by Bestcare-nooddienste.
Medies: Oogoperasies: Dr. Frik Potgieter, die stigter en direkteur van die Optimed-oog-en-laserkliniek in Pretoria
Laseroogsjirugie het die wêreld stormgeloop, omdat dit sigprobleme in ’n oogwink kan verbeter en selfs heeltemal kan genees.
Die jongste lasertegniek staan bekend as SMILE, ’n akroniem wat staan vir Small Incision Lenticule Extraction, wat verskeie voordele inhou. Een daarvan is akkuraatheid.
Dr. Frik Potgieter, die stigter en direkteur van die Optimed-oog-en-laserkliniek in Pretoria is ’n spesialis op die gebied van refraktiewe oogbehandelings en -sjirurgie werp meer lig op die onderwerp.
Gaucher se siekte is ’n genetiese kwaal wat van ouers na kinders toe oorgedra word.
Sanofi Suid-Afrika het hulle vanjaar daarop toegespits om bewusmaking te skep oor dié siekte om die diagnosering daarvan te bevorder.
Volgens die Gauchervereniging van Suid-Afrika is daar net sowat 50 pasiënte in Suid-Afrika wat met dié siekte gediagnoseer is.
Vandag praat ons met Sanofi se mediese raadgewer, Monique Nel.
Medies: Alzheimer en Dimensie
Welma Geldenhuys, senior maatskaplike werker by die Association for Dementia and Alzheimer’s of South Africa (ADASA)
Nagenoeg 4,4-miljoen Suid-Afrikaners ouer as 60 jaar ly volgens data van 2017 aan alzheimers. DIT terwyl sowat 187 000 mense dimensie het.
Volgens Alzheimer’s Suid-Afrika is dit nie ‘n gegewe dat ouer mense met een van die siektes gediagnoseer sal word nie, al is vergeetagtigheid ‘n algemene verskynsel van ouer word.
Simptome van alzheimers sluit ondermeer in, geheue verlies, persoonlikheidsveranderinge en lyers vind dit ook dikwels moeilik om die regte woorde te vind om ‘n situasie te verduidelik. Ek sluit nou telefonies aan by Welma Geldenhuys, senior maatskaplike werker by die Association for Dementia and Alzheimer’s of South Africa.
Medies: Baba Fisio: Marizel Eksteen van LME Fisioterapeute
Dis vir almal voordelig om ’n fisioterapeut te besoek, maar hoe kan ’n fisio baba’s help.
Marizel Eksteen van LME Fisioterapeute spesialiseer in fisioterapie vir klein mensies
Medies: EKSEEM: dr Dwayne Koot, farmakoloog en mediese raadgewer by Sanofi
Atopiese ekseem, ook bekend as atopiese dermatitis, word deur dermatoloë as nie net nóg ‘n veltoestand beskryf nie. Volgens die farmaseutiese maatskappy, Sanofi is dit ‘n vorm van ekseem wat baie gereeld voorkom, en raak dit baie mense wêreldwyd.
Volgens Sanofi is veluitslae weens dié veltoestand baie onvoorspelbaar, en word dit dikwels veroorsaak deur ‘n ooraktiewe immuniteitstelsel, wat die vel se natuurlike beskermde laag verswak. Hierdie toestand kan nie as ‘n eenvoudige veluitslag beskryf word nie omdat daar daaglikse versorging gegee moet word, al word dit as ‘n kroniese veltoestand beskryf
Medies: Haarverlies.
Walter Wurth – uitvoerende hoof van Follicle On The Move en verkopebestuurder van Newtrino EN Gèrhard Lubbe, die nasionale inligtingsbeampte van Newtrino
Vrou of man, dis vir almal ewe erg om hare te verloor.
En vrouens verloor veral hare tydens swangerskap en wanneer hulle geboorte geskenk het tot hul hormoonbalans herstel het.
Vandag praat ons oor haarverlies en ons vra die kenners of daar iets is wat ons kan doen om dit teen te werk.
VITAMIENE D en K – dr. Arnike Redelinghuys: homeopatiese dokter van Mosselbaai
Nuwe navorsing, wat in die European Journal of Nutrition gepubliseer is toon dat vitamien D- en K2 uiters belangrik is vir goeie been- en hartgesondheid. Volgens dié navorsing kan lae vlakke van vitamien D en K2 tot kardiovaskulêre-siektestoestande of selfs die dood lei. 17-persent van sterftes wat in Suid-Afrika aangemeld word is weens hartkwale. Dit is volgens die studie alombekend dat vitamien D vanaf die son verkry word, maar daar is minder inligting beskikbaar oor vitamin K.
MEDIES: DOWE GEMEENSKAP EN GEESTESWELSTAND — Dr. Ian Westmore, raadslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters
September was bewusmakingsmaand vir gehoorgestremdheid… en die stilte oor geestesgesondheidsuitdagings en die min aandag wat daaraan geskenk word, word verbreek.
Minstens 12 miljoen Suid-Afrikaners leef met een of ander vorm van gehoorverlies wat ’n vernietigende uitwerking kan hê op lewensaspteke soos akademiese prestasies, sosialisering en algemene gesondheid.
Wêreld Sigdag: dr Jan Talma; Raadslid van die Right to Sight Trust
Vandag, 12 Oktober is Wêreld Sigdag, met die tema dat blindheid voorkombaar is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is wêreldwyd nagenoeg 2-komma-2-miljard mense met gedeeltelike sigprobleme of is totaal blind. Van hierdie gevalle was ongeveer 1-miljard voorkombaar.
Medies: Spatare : dr. Johan Blignaut, spesialissjirurg van Vein Centres of South Africa.
Spatare. Wie van ons ken nie spatare nie? Dis vir menigte nie net onooglik nie, maar kan baie seer wees.
Maar dit hoef jou nie vir die res van jou lewe te kwel nie. Daar is hedendaagse behandelingsopsies wat baie doeltreffend is.
Medies: KANKER EN VRUGBAARHEID NÁ BEHANDELING: Gesondheidspesialis, pasiëntadvokaat en kankeroorlewende verbonde aan die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (CANSA), prof Michael Herbst
Die departement van gesondheid het in ‘n onlangse verslag oor kanker geskryf dat 51,3% van alle gediagnoseerde kankergevalle vroue was. Die gemiddelde ouderdom van vroue met kanker wat 59 jaar.
Hoewel onkoloë gefokus is op die vrou se behandeling en om haar van kanker te genees, word die langtermyn uitwerking op ‘n vrou se lyf, en haar vrugbaarheid nie dikwels bespreek nie. Volgens die Kanker Vereniging van Suid-Afrika, Cansa kan sekere kankerbehandelinge wel ‘n uitwerking op dele van die reproduktiewe-stelsel hê.
Medies: May-Thurnersindroom : Margo Meyer & vaskulêre chirurg, dr. Phillip Eloff.
’n 22-jarige Siviele Ingenieurswesestudent van Pretoria, Margo Meyer, ly aan ’n seldsame vaskulêre kondisie, genaamd May-Thurnersindroom, waarmee sy vir langer as ’n jaar moes wroeg alvorens sy gediagnoseer is.
Dié sindroom het te make met ’n aar in die pelvis – wat bloed van jou pelvis en bene af na die hart vervoer – wat toegedruk word en onmenslike pyn tot gevolg het.
Margo het eers weer hoop gevind, nadat haar pad gekruis het met dié van die vaskulêre chirurg, dr. Phillip Eloff.
Medies: Voedselverslawing: Corné Swanepoel – dieetkundige verbonde aan Innovation Nutrition Dieticians
Drank- en dwelmmisbruik is ‘n algemene probleem waarmee talle mense daagliks sukkel, maar nét soos hierdie verslawings kan mense ook voedsel misbruik en daaraan verslaaf raak.
Volgens ‘n onlangse artikel deur WebMD ervaar sommige mense dieselfde vreugde wanneer hulle eet, soortgelyk aan die gebruik van sekere dwelms. Die sogenaamde goed-voel-chemikalieë, dopamine word vrygstel wanneer sekere kossoorte geëet word veral dié wat hoog is in suiker, sou ten sekere vette.
Medies: Borsvoedweek : Baby City se kliniese streeksbestuurder, Lizelle Fourie
Wêreld Borsvoedweek het in die eerste week van Augustus plaasgevind. Nagenoeg 120 lande neem jaarliks aan dié bewusmakingsweek deel.
Vanjaar se tema was hoe om borsvoeding moontlik te maak, sélfs vir werkende moeders. Volgens Dis-Chem Baby City is borsvoeding ‘n natuurlike manier om met jou baba ‘n band te bou, maar kan dit ook talle uitdagings meebring.
Volgens Baby City se kliniese streeksbestuurder, Lizelle Fourie is nageboortelike herstel uiters belangrik vir ‘n suksesvolle borsvoedingsreis
Medies: Estetika dokter se moet’s en moenie’s
Skoonheids- of kosmetiese behandelinge het die laaste paar jaar baie meer gewild geraak in Suid-Afrika.
Hoewel mense se opinies daaroor nog verdeeld is, voer dokters aan dat daar ‘n groot vraag is na vullers en ander spuitbare middels wat die pasiënt jonger kan laat lyk.
Die eienaar van die Anti-Aging Art medical aesthetic and holistic wellness centre in Johannesburg, dr. Reza Mia sê daar is ‘n hele paar moet’s en moenie’s wat persone in ag moet neem wanneer hulle kies om die behandelinge te ondergaan.
Medies: Orgaan- En Weefselskenker-Bewusmakingsmaand : Marna Horn, weefselkoördineerder verbonde aan die Centre for Tissue engineering, wat onder die Tshwane Universiteit van Tegnologie, TUT val
Nagenoeg 4-duisend-3-honderd Suid-Afrikaners het op ‘n gegewe tydstip ‘n sekere orgaan of weefsel nodig, maar in Suid-Afrika is slegs 1-komma-4 mense per een miljoen mense geregistreer as ‘n orgaan of weefselskenker.
Augustus is nasionale orgaan- en weefselskenker-bewusmakingsmaand, wat die kollig veral op weefselskenking plaas. DIT sluit been, vel, hartkleppe en korneas in. Hierdie weefsel speel ‘n belangrike rol in onder andere mense wat ernstige brandwonde opgedoen het, asook pasiënte met geskeurde ligamente
Medies: Antidrepesante: dr. Wium Erasmus, ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, asook ‘n psigiater in Pretoria
Daar bestaan verskeie mites oor depressie, asook die gebruik van anti-depressante. Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters ly meer as ‘n kwart van die Suid-Afrikaanse bevolking aan depressie, maar slegs een uit elke vier mense kry die nodige hulp.
Julie-maand is geestesongesteldheid-bewustheidsmaand, en die vereniging wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die stigmas van geestestoestande onder die loep te neem, en om enige wanopvattings oor die gebruik van medikasie duidelik te stel.
Medies : Fetale alkohol-spektrumafwyki
Fetale alkohol-spektrumafwykings, oftewel FASA is ’n groep toestande wat deur fisieke, verstandelike en gedragsafwysings geklassifiseer word en wat as gevolg van prenatale alkoholblootstelling voorkom.
Dr Marlene de Vries van die Departement Psigiatrie aan die Universiteit Stellenbosch sê om FASA te voorkom moet die sosio-ekonomiese omstandighede van swanger vroue wat drink sowel as die beperkte emosionele ondersteuning en geestesgesondheidsdienste verander word.
Medies: KORPORATIEWE GEESTESGESONDHEIDSWEEK
Ekonome in die gesondheidsbedryf is van mening dat geestesgesondheidstoestande, wat nie behandel word nie, die Suid-Afrikaanse ekonomie sowat 1-honderd-61-miljard rand per jaar kos.
Volgens ‘n onlangse verslag oor geestesgesondheid het depressie en angs onder Suid-Afrikaners gedurende die eerste jaar van die Covid-19-pandemie met 25% toegeneem. Nou – drie jaar na die begin van die pandemie – is angs, depressie en uitbranding steeds baie hoog.
Die hoof van Gesondheidsorgleierskap aan Stellenbosch Bestuurskool, prof Renata Schoeman meen min maatskappye slaag daarin om na hul werknemers se geestesgesondheid om te sien
Medies: MEERVOUDIGE SKLEROSE (MS): Direkteur en voorsitter van Multiple Sclerosis South Africa, Non Helena Smit
Meervoudige Sklerose, oftewel MS is ‘n onvoorspelbare siekte wat die senuweestelsel, met ander woorde die brein en ruggraat aantas. Hierdie siektestoestand beperk die kommunikasie wat vanaf die brein by die liggaam uitkom.
Mense tussen 20- en 50 jaar oud word dikwels met die toestand gediagnoseer, en vroue het ‘n twee tot drie keer groter kans om dit te kry. Simptome wissel van gevoellose ledemate tot ‘n verlies aan sig. Volgens onlangse data het sowat 2-komma-8-miljoen mense wêreldwyd die siekte
Medies: Borskankerbewusmaking: Die niewinsgewende organisasie Screen Her Save Her vat hande met die Atterbury-trust en die Triomf-kliniek om borsgesondheid vir álle vrouens binne bereik te plaas.
Dié borskankerbewusmakingsveldtog het die afgelope Maandag 19 Junie in Pretoria begin… en beoog om deur middel van ’n span kundiges en ’n rondreisende eenheid ’n reuseverskil te maak in vrouens se gesondheid – met die klem op borskanker – asook op die reis wat hulle moet onderneem sou borskanker by hulle gediagnoseer word.
Medies: Griepseisoen: Dr. Lourens Terblanche van die internasionale gesondheidsorgmaatskappy – Sanofi
Die koue is hier en daarmee saam die griepseisoen. Jy het waarskynlik al ’n SMS van jou mediese fonds of apteek ontvang wat jou aanraai om die griepinspuiting te kry om die dergelike simptome van griep vanjaar te probeer vryspring.
Ons almal ken griep maar al te goed, want as jy koorsig voel, met ’n onwelkome hoofpyn sit, jou hele lyf pyn, jou keel is seer, jou neus loop weg vir ’n wen en ’n plek en jy hoes jouself uitasem, dan weet jy dis nou sulke tyd.
Medies: Internasionale skildklier bewusmakingsweek Woordvoerder: Dr. Ankia Coetzee
Internasionale skildklier bewusmakingsweek word jaarliks aan die einde van Mei herdenk. Hierdie dag is belangrik om bewusmaking te skep oor die erns van skildklier verwante siektes en hoe dit mense se alledaagse lewens kan raak.
Toestande wat verband hou met ‘n persoon se skildklier kan geneties wees, maar mense is nie noodwendig genoegsaam bewus van hul familie se gesondheidsgeskiedenis nie wat kan beteken dat skildklier siektestoestande dikwels ongediagnoseerd bly.
Medies: HEMOFILIE: Dr. Johan Potgieter, hematoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria
Mense wat hierdie siekte onder lede het, bloei nie méér as ander nie, maar hul bloed neem langer om te stol.
Cobus Visser is as kind met die siekte gediagnoseer en hoewel pyn deel van sy lewe geword het, het hy besluit dat sy liggaam nie sy tronk sal wees nie. Hy verduidelik hoe die siekte sy lewe raak en wat sy pad met die siekte hom geleer het. Vanweë sy inspirerende storie staan hy alom bekend as Cobus – The Viking – Visser.
Medies: OEFENING TYDENS SWANGERSKAP: Annéke da Silva. Sportwetenskaplike en die eienaar van GlowFit Training in Midstream in Gauteng.
As fiksheid en oefening deel van vrouens se leefstyl vorm, wil hulle graag daarmee volhou tydens swangerskap. Ginekoloë beveel oefening ook sterk en vir so lank as moontlik aan, maar vrouens voel baie kere onseker oor hóé en hoe streng hulle mag oefen – met of sonder gewigte – sonder om hul ongebore baba se ontwikkeling skade te berokken.
Medies: WÊRELDBEWEGING VIR GESONDHEIDSDAG: Anika Steyn, fisioterapeut en voorsitter vir die Fisio vereniging van Suid-Afrika van Noord-Gauteng En, die ondervoorsitter van die Fisio vereniging van Suid-Afrika, Zahira Omar
Die 10de Mei was Wêreldbeweging vir gesondheidsdag. Die doel van dié dag is om mense opnuut bewus te maak van die voordele verbonde aan fisiese oefeninge en hoe dit in jou daaglikse lewe toegepas kan word, sonder dat dit té ontwrigtend is.
SKADE AAN JOUSELF OM EMOSIES TE REGULEER : Dr Francois Esterhuizen. ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters
Tieners wat hulleself skade aandoen deur aspris fisiese pyn aan hulself te rig, is weer aan die toeneem.
As ‘n manier om emosies te probeer beheer sal tieners, en selfs volwassenes hulleself dikwels sny, brand, vel stukkend krap of hul vergryp aan sekere middele soos pynmedikasie of dwelms.
Volgens ‘n 2021 verslag deur Unicef het 65-persent van alle jong mense in Suid-Afrika aan een of ander geestesgesondheidstoestand gelei, maar het hulle nie hulp gesoek nie.
Monique Nel, mediese raadgewer oor seldsame siektes by Sanofi
Pompe se siekte: ’n Seldsame genetiese siekte wat lei tot die erger wordende verswakking van die hart en ander spiere met mutasies in die gene wat ’n ensiem vervaardig wat glikogeen in die liggaam afbreek
BEHANDEL SPORTBESERINGS BY DIE HUIS
Woordvoerder: Corli Taljaard, apteker verbonde aan die Medipost apteek
Om sport te beoefen, fisiese oefeninge by die huis of in ‘n gimnasium te doen, of alledaagse aktiwiteite soos tuinmaak, kan lei tot beserings, geringe spierspanning of styfheid.
Hierdie beserings kan dikwels vir ‘n paar dae voortduur, maar as jy die nodige voorraad in jou mediese-tassie het kan jy die hersteltydperk drasties verkort. Daar is ook verskeie wenke en behandelinge wat tuis toegepas kan word voordat dit nodig is om ‘n dokter te besoek.
GESONDHEIDSDAG EN EET: Minette Visser, die eienaar van Simply Flourish asook ‘n holistiese gesondheids- en welstandsafrigter
Die 7de April is Wêreld Gesondheidsdag, en hoewel medikasie, gereelde doktersafsprake en mediese ondersoeke uiters belangrik is, vergeet mense dikwels dat die regte eetgewoontes ‘n groot en belangrike deel van mense se gesondheid is.
Toestande soos lae ystervlakke en hoë bloeddruk kan beheer word met die regte eetgewoontes.
MEDIES – KOLO-REKTALE KANKER; dr. Charleen Muller, bestralingsonkoloog by Vita Oncology in Bellville en Cape Gate in die Wes-Kaap.
Die hele Maart is afgestaan aan bewusmaking van kolorektale kanker onder die Suid-Afrikaanse bevolking. Dié kanker staan ook bekend as derm- of kolonkanker en is die tweede algemeenste kanker by mans naas prostaatkanker en die derde algemeenste kanker onder vrouens naas bors- en servikale kanker.
Medies: ZIMELE-NPC – AMPUTASIE: Jayson Chin: Ortotis en prostetikus
’n Mediese dokter van Kaapstad – wat self ’n fisieke gestremdheid het – dr. Sarah Whitehead en haar kollega, Jayson Chin, het ’n niewinsgewende organisasie, Zimele, op die been gebring om behoeftige mense wat ledemate verloor het fisiek én emosioneel by te staan om weer op die been te kom. Zimele is die Xhosa-woord vir onafhanklikheid en dis presies wat dr. Whitehead en haar span vir elke begunstigde van haar organisasie wil gee.
Medies: Hakkel en ander spraakprobleme: Liezel McDuling: spraak-taalterapeut van Bethlehem in die Vrystaat
Om te hakkel kan ‘n reuse uitwerking op ‘n kind of volwassene se selfvertroue hê. Hierdie persone weet presies wat hulle wil sê, maar sukkel om die woorde te uiter. Volgens onlangse statistiek deur die Nasionale Hakkel-vereniging hakkel mans wêreldwyd méér as vroue. Vir elke een vrou wat hakkel, hakkel vier mans. Luidens die data hakkel sowat 1-persent van die wêreld se volwasse bevolking, maar die vereniging glo dat minstens 5-persent van kinders op ‘n stadium in hulle lewens hakkel of gehakkel het.
Medies: Persoonlikheidstipes met Lynette Beer: Luisteraarsterugvoer op vraelys: Carien de Lange
Jy het seker al gehoor van persoonlikheidstipes en veral Lynette Beer van Seeds of Inspiration se veelkleurige temperamentmodel…
Lynette se model is geskoei op die viertemperamentteorie wat daarop dui dat alle mense in vier persoonlikheidstipes ingedeel kan word.
En as jy dié model verstaan, jouself verstaan en almal óm jou verstaan maak dit die lewe sommer baie makliker.
Medies: Oorerflike Hartsiekte: Prof. Lindy Mitchell, pediatriese kardioloog en hoof van die Pediatriese Kardiologie Vereniging van Suid-Afrika
Nagenoeg 11-duisend babas word jaarliks in Suid-Afrika met ‘n oorerflike hartsiekte gebore. 4500 van dié baba skort dringend ‘n operasie om hulle lewens te red. Die probleem is egter dat nie alle persone die fondse het vir die vergadering nie.
Om hierdie rede het Vertice, saam met Operation Healing Hans en die Zuid-Afrikaans Hospitaal ‘n projek oor oorerflike hartsiektes op die been gebring.
As deel van die projek het drie kinders, onderskeidelik 6 maande, 2 jaar en 3 jaar onlangs operasies ondergaan om ‘n hartdefek te herstel
Tussen 21 en 47 persent van Suid-Afrika se skoner geslag ervaar depressie tydens swangerskap… en tót 50% ly aan depresse na afloop van die geboorte van hul baba’s.
Die voorkoms van depressie by swanger Suid-Afrikaanse vrouens is veel hoër as in ander lande.
Vandag werp ons die lig hierop in ons Mediese Gesprek.
Dr. Melissa Janse van Rensburg sluit nou by ons aan. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, SASOP en Riaan Grobler gesels met haar.
MEDIES – p-TERY-GIUM EN PIN-GUE-CULA: Petru Oosthuizen, oogkundige verbonde aan Eyeland Loftus Park
‘n Pterygium en Pinguecula verwys na vergroeisels wat op die oogbal voorkom en wat in sommige gevalle tot probleme met sig kan lei.
‘n Pinguecula is ‘n geel, deurskynende vergroeisel wat op die oogbaal naaste aan die neus voorkom. Dit is skadeloos, maar kan krapperigheid veroorsaak asook droeë oë. ‘n Pterygium is ‘n wigvormig, en hoef nie verwyder te word nie, maar as dit groei kan dit ‘n persoon se visie belemmer.
Albei hierdie vergroeisels word in die meeste gevalle deur die son se strale veroorsaak.
Medies: Laat baba’s slaap met Salomé Botes
Baie ouers van alle ouderdom baba’s sit met dieselfde dilemma: Hulle baba’s slaap nie. En wanneer jou baba nie slaap nie, slaap jy nie, wat beteken dat dit vir almal ’n negatiewe belewenis is, en dit behoort juis ’n wonderlike nuwe ervaring vir ouers te wees.
Dit daarom van uiterste belang om gesonde slaappatrone by ’n baba te vestig tot voordeel van baba én ouer.
Ek gesels vandag met Salomé Botes, sy help ouers op ’n daaglikse basis om hulle baba’s beter te laat slaap.
Medies: WÊRELD KANKERBEWUSMAKINGSDAG: prof. Michael Herbst, gesondheidspesialis verbonde aan die Suid-Afrikaanse Kankervereniging
Wêreld kankerbewusmakingsdag vind jaarliks op 4 Februarie plaas. Die doel van hierdie dag is om bewusmaking te skep oor alle vorme van kanker, en om die klem te plaas op voorkoming, vroeë opsporing asook behandeling.
Volgens onlangse statistiek word een uit elke vier huisgesinne in Suid-Afrika deur kanker geraak. In 2022 is die meeste mans deur prostaatkanker geraak, terwyl borskanker steeds die meeste by vroue voorkom.
Medies: Digitale verslawing
Digitale verslawing is ’n probleem van die moderne era van selfone, rekenaars, internet en sosiale media.
Baie van ons volwassenes weet dat ons te veel na skerms kyk – wat ons brein uitput – maar tog kry ons nie ons eie skermtyd ingeperk nie, wát nog te sê om beheer uit te oefen oor ons kinders se skermtyd.
Is jy moontlik verslaaf aan jou digitale toestelle?
Vandag gaan ons antwoorde kry by dr. Anke Brand wat saam met haar eggenoot, Eldred de Beer, die boek, The Digital Dilemma, geskryf het.
Medies: Nuwe jaar angs en depressie: Dr. Karlien Erasmus sielkundige verbonde aan Erasmus Therapy
As jy in die begin van die jaar méér depressief of angstig voel as gewoonlik, is jy waarskynlik nie die enigste een nie. Seisoenale gemoedsversteuring kom by miljoene mense jaarliks voor, en verwys na depressie wat saam met seisoene verander.
In die geval van Januarie kan mense teneergedruk voel na die familie reeds huis toe is, die vakansie is verby en die Kersversierings is weer in die kas gebêre. Daarmee saam is die persoon gedurende die vakansietyd se aandag ook afgely deur ander gebeure, dat hulle tydelik vergeet van hulle bekommernisse. DIT kan egter weer soos ‘n bom tref sodra die vakansie verby is en dinge terugkeer na normaal.

Current track

Title

Artist