“Matriekvraestelle het nié uitgelek nie,” sê minister

Deur on

4 Desember 2023

Die departement van basiese onderwys het aangekondig dat 2023 se matriek-eindeksamen sonder enige noemenswaardige foute verloop het.

Meer as 700 000 kandidate het dié eksamen in meer as 8 000 eksamensentrums landwyd afgelê.

Die minister in dié portefeulje, Angie Motshekga, het leerders en ouers versoek om geduldig te wees totdat die uitslae op 19 Januarie uitgereik word.

Sy sê in terme van die nasionale senior sertifikaat het hulle te alle tye daarop gefokus om eksamens met integriteit te voorsien – en af te neem – om die integriteit van die senior sertifikaat te handhaaf.

Motshekga het berigte ontken dat van die eksamenvraestelle uitgelek het. Volgens haar is dit fopnuus.


Current track

Title

Artist