28 November 2024
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube sê vanjaar se matriekuitslae sal wel in die koerante gepubliseer word.
Dit kom nadat die inligtingsreguleerder vroeër daarop gewys het dat dit teenstrydig kan wees met wetgewing oor die beskerming van persoonlike inligting indien die kandidate nie vooraf toestemming gee daarvoor nie.
Gwarube het tydens ‘n onderhoud met eNCA gesê dat die kandidate se identeit beskerm sal word aangesien daar slegs van eksamennommers gebruik gemaak sal word en nie van die matrikulante se name nie.
Die meeste gedrukte koerante – waarin die uitslae tradisioneel gepubliseer is – gaan egter vanaf die einde van Desember nie meer in gedrukte formaat beskikbaar wees nie. Die uitslae word op 16 Januarie 2025 bekend gemaak.