MATRIEKUITSLAE MAG GEPUBLISEER WORD

Deur on

8 Januarie 2025

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die uitslae van die 2024-matriekgroep in die openbaar – wat koerante en ander openbare platforms insluit – bekend gemaak mag word.

Die Inligtingsreguleerder, die IR, het ’n dringende aansoek teen die departement van basiese onderwys gebring. Die burgerregteorganisasie AfriForum en verskeie ander groepe is as belanghebbende partye gevoeg.

Die IR moet ook nou pa staan vir AfriForum se regskostes.

Die IR het aangevoer dat die bekendmaking van die matriekuitslae op ’n skending van matrikulante se reg tot privaatheid neerkom.

Regter Ronèl Tolmay het egter beslis dat dit in die openbare belang is en dat die openbare bekendmaking daarvan mag voortgaan.

“Die uitspraak is ’n oorwinning vir die matrikulante vir wie die bekendmaking van hulle uitslae op hierdie wyse van groot belang is. Dit is ook deel van die groter gesprek wat nodig is om die onderskeid tussen die reg tot privaatheid en openbare belang duideliker te omlyn,” het Alana Bailey, die hoof van kultuursake by AfriForum, na afloop van die uitspraak gesê.


Current track

Title

Artist