Mango skort alle vlugte tydelik op

Deur on

27 Julie 2021

Die laekoste lugredery – en filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens – Mango, het al sy vlugte van vandag af opgeskort tot verdere kennisgewing.

Die waarnemende hoof van die lugredery, William Ndlovu sê die opskorting van dienste is weens uitstaande betalings aan die lugverkeers-navigasiedienste-maatskappy, ATNS.

Ndlovu sê senior bestuurslede en die aandeelhouer is tans in samesprekings gewikkel om ‘n werkbare oplossing te vind wat aanvaarbaar is vir albei partye. Hy het om verskoning gevra vir dié kansellasie en het vir kliënte se geduld gevra.

Dis die tweede keer in drie maande wat Mango sy vlugte op kort kennisgewing moes kanselleer.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist