29 November 2024
Die polisie in Dazaifu, Japan het ‘n 37-jarige man in hegtenis geneem, wat glo 1 000 huise beroof het, “as ‘n manier om te ontspan.”
Plaaslike media berig dat die man aan polisie gesê het dat rooftogte sy “stokperdjie is, en dat hy dit reeds meer as 1 000 keer gedoen het.” Hulle het hom in hegtenis geneem toe hy glo ‘n eiendom betree het.
Die man, wat se naam nog nie bekend gemaak is nie, sê dit is vir hom ontspannend as sy handpalms begin sweet, en meen hy ervaar adrenalien as hy wonder of hy uitgevang gaan word, al dan nie.