17 November 2023
Die liggaam van ‘n man is gistermiddag (16 November) uit die see by Voëlklip – naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap – gehaal nadat hy gister by dié berugte uitkykpunt oor ‘n afgrond gery het.
LEES OOK: NÓG ‘N MOTOR RY BY VOËLKLIP AF
‘n Soek-en-reddingsoperasie is gisteroggend vroeg van stapel gestuur nadat ‘n motoris Woensdagaand (15 November) die nooddienste ontbied het nadat hy gesien het hoe die man by die krans afry.
Volgens die ooggetuie het die slagoffer geen poging aangewend om die afgrond te vermy nie.
LEES OOK: OPVOLG: LIGGAAM BY VOËLKLIP GEVIND
Die polisiewoordvoerder sersant Chris Spies sê die man moet nog formeel uitgeken word.