Man in hof nadat hy San-rotskuns probeer verkoop

Deur on

22 Februarie 2021

ʼn 48-jarige man verskyn vandag in die landdroshof in Port Shepstone in KwaZulu-Natal, nadat hy na bewering ʼn stuk geskiedkundige San-rotskuns op sosiale media probeer verkoop het.

Die woordvoerder van die Valke, luitenant-kolonel Philani Nkwalase sê die Valke het inligting ontvang dat dié man die rotskuns op sosiale media te koop aanbied. Hy het die rotskuns in die Suidkus-omgewing geadverteer.

Na aanleiding van die advertensie is ʼn lasbrief uitgereik om ’n perseel in Montague-weg in Sea Park te ondersoek.

Die rotskuns is in die man se besit gevind en hy is in hegtenis geneem.

Die man staan tereg op aanklag van die onwettige verkoop van ʼn argeologiese voorwerp ingevolge die Wet op die Erfenishulpbronne.


Lees verder

Current track

Title

Artist