11 Oktober 2023
Die Thabo Bester-aangeleentheid is in die Bloemfonteinse landdroshof uitgestel nadat een van die beskuldigdes, dr Nandipha Magudumana glo in die polisie se aanhoudingselle inmekaar gestort het – net voordat sy en haar elf medebeskuldigdes in die hof sou verskyn.
Volgens berigte het beamptes Magudumana uit haar bed in die hospitaalvleuel van die Kroonstad-korrektiewe gehaal en haar meegedeel dat sy na Bloemfontein sal moet reis vir die hofverskyning.
Haar prokureur, Machini Motloung, is na die aanhoudingselle en ‘n ambulans is ook glo ontbied nadat sy flou geword het. Volgens Magudumana het sy voedselvergiftiging.
Volgens die paramedici makeer Magudumana niks nie, en kan sy dus verskyn, maar volgens berigte sal sy glo nie vanuit die selle gebring word nie.
Die verrigtinge begin.