Magudumana se hofaansoek om borgtog misluk wéér

Deur on

7 November 2023

Die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein het dr. Nandipha Magudumana se borgtogaansoek van die hand gewys.

Magudumana het haar tot die hooggeregshof gewend nadat die Bloemfonteinse landdroshof in September beslis het dat sy ‘n vlugrisiko is, en gevolglik ook haar aansoek van die hand gewys het.

LEES OOK: MAGUDUMANA VAL GLO FLOU VOOR HOFVERSKYNING

Sy is in April saam met haar vermeende minnaar – die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester – in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met sy ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein in Mei verlede jaar.

Hulle is deur owerhede in Tanzanië in hegtenis geneem nadat hulle uit Suid-Afrika gevlug het.

LEES OOK: DR. NANDIPHA MAGUDUMANA SE BORGTOGAANSOEK MISLUK

Waarnemende regter Melisa Jordaan het vanoggend in die hof gesê dat die landdros nie verkeerd was om aanvanklik borg te weier nie. Sy meen Magudumana kon ook nie bewys dat dit in die belang van geregtigheid sou wees indien sy op borgtog vrygelaat word nie.


Current track

Title

Artist