LUR: Skoolvervoer moet verbeter na ongeluk wat 12 leerlinge eis

Deur on

10 Julie 2024

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sê baie werk moet nog gedoen word om die standaard van vervoer vir skoliere in die provinsie te verbeter. 

Dit volg nadat Chiloane vandag die toneel van ‘n dodelike ongeluk waarby ‘n minibustaxi en ‘n bakkie betrokke was in Merafong – wes van Johannesburg – besoek het. 

Die ongeluk het die lewens van 12 skoolkinders en hulle bestuurder gekos, terwyl sewe ander beseer is. 

Volgens Chiloane word hulp en ondersteuning aan die gesinne wat geraak word gebied.

https://x.com/EducationGP1/status/1811027314924196302?t=tffuDDL85MdQ4Ynmq-MncQ&s=19


Lees verder

Current track

Title

Artist