Luister: Wêreld se oudste landdier vier 190ste verjaarsdag

Deur on

7 Desember 2022

Die wêreld se oudste land-dier, Jonathan die skilpad het onlangs 190 jaar oud geword.

Jonathan het in 1832 in die Seychelles uitgebroei, maar is later na die St Helena gestuur.

Om dié mylpaal verjaarsdag te vier sal besoekers vir drie dae die eiland se goewerneur se huis kan besoek waar die skilpad alreeds vir die grootste deel van sy lewe leef.

Daar is ook spesiale posseëls gedruk om die verjaarsdag te vier.

Volgens CNN is Jonathan op 50 jarige ouderdom in 1882 na St Helena as geskenk vir die voormalige goewerneur, William Grey-Wilson.

Esté Gross het met die sanger, Gerrie Pretorius gesels, wat onlangs die eiland besoek het as deel van sy “Leef jou Reis” program.


Current track

Title

Artist