Luister: Singende Kaapstadse chirurg sal Walliese volkslied by laaste rugbywedstryd sing

Deur on

14 Julie 2022

Die Kaapstadse chirurg dr. Wilhelm Lichtenberg sal Saterdag die Walliese volkslied sing, voor die derde en bepalende toets tussen die Springbokke en Wallis op die DHL-stadion in Kaapstad.

Hy staan bekend as die singende chirurg, en is net so vertroud met ‘n mikrofoon as met ‘n skalpel. Lichtenberg, ‘n tenoor sê dit is vir hom ‘n reuse eer om gekies te word om die Rooi Drake se landslied te sing.

Lichtenberg sê sy bloed is groen, maar meen net die geleentheid om ‘n volkslied te kan sing is ‘n reuse eer.

Dokter Liggies, soos hy by die werk bekend staan, het met Anton Meijer gesels:


Current track

Title

Artist