Luister: “Sesde Covid-19-vlaag kom dalk in September”

Deur on

30 Augustus 2022

Kenners waarsku dat nóg ‘n Covid-19-vlaag dalk binnekort die land kan tref.

Die viroloog, prof. Barry Schoub meen die sesde vlaag kan – volgens hom – tussen September en Oktober verwag word. Schoub sê in die verlede het die vlae elke drie maande in die land voorgekom.

Die adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, dr. Nicholas Crisp sê die departement hoop en bid dat ‘n sesde vlaag nié die land sal tref nie. Covid-19-regulasies soos die dra van maskers en beperkings op byeenkomste is in Junie opgehef.

‘n Epidemieloog verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, dr. Joe Barnes sê sy is bekommerd dat ‘n vlaag nie so maklik bespeur sal word nie omdat mense hulle nie meer laat toets nie. Sy sê niemand kan voorspel dat die Covid-19-pandemie iets van die verlede is nie.

Luister, Jake Stols het ‘n verslag saamgestel.


Current track

Title

Artist