Luister: Ouma van vermoorde Alberton-seuntjie sê hy was haar sonstraal-kind

Deur on

30 November 2023

Die ouma van die 9-jarige Ruandré, wat Maandag saam met sy ma, Nadine Terblanche (32) by hulle huis in Randhart, Alberton vermoor is, sê die familie sal eers moontlike berusting kan vind wanneer hulle meer antwoorde kry.

Die verdagte

Elize Putter het Ruandré as haar alles beskryf. Haar seun, Rynart is Ruandré se biologiese pa. Elize sê Ruandré was die naweek voor die moord by haar en haar man. “Hy was baie lief vir sport, veral rugby. Hy het ons vertel dat hy volgende jaar verspring wil doen.

Klein Ruandré is op ‘n jong ouderdom met kanker gediagnoseer.

Nadine se kêrel, Freddie Stapelberg het op die twee se liggame afgekom, waarna die tuinman omstreeks 18:00 in hegtenis geneem is in verband met die moord.

Die 37-jarige Pardon Danhire het vroeër vanmiddag in die hof verskyn. Hy het in die hof gesê dat hy homself sal verdedig, en sal dus nie ‘n regsverteenwoordiger aanstel nie. Die saak is tot 3 Januarie uitgestel.

Esté Gross het met Elize gesels.


Current track

Title

Artist