Luister: Maansverduistering Maandag te sien
Deur Mari on Mei 13, 2022
13 Mei 2022
Suid-Afrikaners gaan vroeg Maandagoggend (16 Mei) trakteer word met ’n algehele maansverduistering.

Dr. Ruhann Steyn, verbonde aan die Sentrum vir Ruimtenavorsing by die Noordwes-universiteit sê Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle Maandag vroeg uit die vere is omdat die volgende maansverduistering eers weer op 14 Maart 2025 sal plaasvind.
Steyn verduidelik ‘n maansverduistering is wanneer die skaduwee van die aarde op die maan val.
Hy sê dit begin 03:30 Maandagoggend. Die volledige maansverduistering kan om 06:10 Maandagoggend gesien word.