Luister: Esté Gross gesels met oud-kollega van Edwill van Aarde

Deur on

4 Januarie 2024

Die oud-Afrikaanse omroeper en televisie-aanbieder, Edwill van Aarde, is in die ouderdom van 85 oorlede. Hy het tydens sy uitsaailoopbaan 22 sportsoorte, waaronder meer as 500 krieket- en 130 rugbywedstryde uitgesaai.

Van Aarde het ook twaalf Comrades-marathons en vyf Wimbledon-manseindstryde op sy kerfstok en was betrokke by die SAUK sowel as Pretoria FM se voorloper, Radio Pretoria. Hy was veral bekend as televisie-aanbieder van die vasvraprogram, Flinkdink.

Tydens ‘n vroeëre onderhoud het Van Aarde gesê dat een van die hoogtepunte van sy loopbaan was om Afrikaanse terminologie te help skep vir sport. Hy word oorleef deur sy vrou, Piena, twee kinders en ses kleinkinders.

Esté Gross het met sy oud-kollega, Frikkie Wallis, gesels.


Lees verder

Current track

Title

Artist