10 Julie 2024
‘n Pretoriase vrou, Lydia van der Kooy het op 29 Junie vanjaar op ’n interessante vonds in die parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Pretoria afgekom, en soek nou na die eienaar.
Volgens Van der Kooy, sosialemediabeampte en bemarker by Sol-Tech, het sy ‘n trouring opgemerk toe sy in die parkeerarea van die Checkers in Waverley uitgeklim het. Sy sê sy het haar kontakbesonderhede by die winkel gelos en boodskappe gelaat op sosiale media, maar die eienaar het nog nie na vore getree nie.
Liezil van der Schyff het met haar gesels. Indien dit jou ring is of jy weet wie s’n dit moontlik kan wees, stuur ‘n beskrywing en/of ‘n foto van die ring na Lydiavdkooy@gmail.com