Luister: “Boer dra ‘n vrou”-sport nou ook in Suid-Afrika

Deur on

5 Junie 2024

Boer dra ’n Vrou is ’n splinternuwe sportsoort wat Suid-Afrika stormgeloop het.

Dié spansport vind hoofsaaklik in Finland plaas, waar wêreldkampioenskappe ook aangebied word. Australië en Amerika bied ook die sport en groot kompetisies aan.

Die man wat die sport hier in Suid-Afrika begin het, Louis Alberts, het in Huis Toe met Anton Meijer en Elsa Esterhuizen gesels. Volgens hom het hy besluit om die sport na Suid-Afrika te bring nadat hy videos daarvan op die internet gesien het.

Die idee is dat die man die vrou op sy rug dra, of soos ‘n skaap op sy skouers gooi, waarna twee paartjies teen mekaar meeding deur ‘n hindernisbaan. Van die hindernisse is ‘n 15 meter lange waterbad, en buitebande.

Die vrou moet meer as 50 kilogram weeg anders kry die man ‘n paar gewigte by, en as vroulief val kan jy haar optel en weer probeer.

Luister hier na die onderhoud.


Current track

Title

Artist