Lugmaghoofkwartier in Pretoria ontruim

Deur on

28 Februarie 2024

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie sê die ontruiming van die Lugmaghoofkwartier in Pretoria is ‘n simptoom van die onderbefondsing van die Weermag.

Die lugmag het gister dié gebou tydelik ontruim nadat werksomstandighede binne die gebou ondraaglik geword het.

Volgens die vakbond se hoofsekretaris, advokaat Pikkie Greeff, het die temperature binne die gebou die hoogte in geskiet en het ‘n gebrek aan lugsirkulaise daartoe bygedra dat dit onveilig geword het vir personeel om die gebou verder te beset.

Aangesien ‘n deel van die gebou ondergronds is, is daar nie vensters aangebring nie en word lugvloei en temperatuurbeheer kunsmatig toegepas.

Die lugversorgers het al meer as ses weke gelede onklaar geraak en ten spyte van herhaaldelike versoeke aan die weermag – en die departement van openbare werke wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die gebou – is die foute nie herstel nie.


Current track

Title

Artist