Limpopo-polisie op die spoor van vier gevangenes wat ontsnap

Deur on

22 Julie 2021

Die polisie in Westenburg in Limpopo is steeds opsoek na vier gevangenes, wat gister (21 Julie) uit ‘n polisievoertuig ontsnap het. 

Die polisiewoordvoerder, brigadier Motlafela Mojapelo sê die gevangenes het omstreeks 11:30 gister langs R101-pad ontsnap toe sewe van hulle van die Polokwane korrektiewe-sentrum na Mokopane vir hulle hofverskyning vervoer is. 

Een van die verdagtes is ‘n Suid-Afrikaner terwyl die ander drie van Zimbabwe afkomstig is.

Volgens Mojapelo kon die gevangenes ook daarin slaag om ‘n polisiebeampte se dienspistool te steel voordat hulle in die bosse gevlug het. Die drie ander gevangenes het in die polisievangwa gebly. 

Hy sê die verdagtes is in April 2019 in hegtenis geneem vir diefstal met verswarende omstandighede en sou môre gevonnis word.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist