Liewer laat as nooit: Boek vind jare later sy plek terug in skoolbiblioteek

Deur on

24 April 2024

Die Hoërskool DF Malan in Kaapstad het in dieselfde week, as wat Wêreldboekedag gevier is, onverwags ‘n biblioteekboek teruggekry wat byna 42 jaar gelede op 16 November 1982 uitgeneem is.

Die skool het op sy Facebook-platform gesê dat die boek Maandag ingehandig is. “Liewer laat as nooit.”

Netwerk24 berig dat die boek, Jonathan Livingstone Seagull: A story deur Richard Bach toevallig op ‘n boekrak by ‘n huis in Welgemoed gevind is, waarna dit aan ‘n onderwyseres terugbesorg is.

Die skool het aan die nuusdiens vertel dat ‘n oud-leerling van die skool in die huis gewoon het, waar die boek gevind is, maar aangesien familielede van die persoon ook in die skool was, is dit onbekend wie die boek uitgeneem het of hoe dit in die huis beland het.


Current track

Title

Artist