30 September 2024
Die Gautengse premier en provinsiale ANC-voorsitter, Panyaza Lesufi, het teruggekap na die federale voorsitter van die DA, Helen Zille, na aanleiding van haar bewerings dat hy die ANC se nasionale leierskap minag.
Zille het die uitlatings gemaak nadat die DA se Cilliers brink deur ‘n mosie van wantroue uit sy amp as die burgemeester in die Tshwane-metro verwyder is. Die mosie is deur die ANC gebring en deur die EFF en ActionSA gesteun.
Lesufi dring intussen daarop aan dat die ANC as ‘n verenigde struktuur op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke funksioneer, en ook só te werk gegaan het met die mosie teen Brink.
Die ANC in die Tshwane-metro het Brink verwyder en meen dienslewering het onder sy leierskap verswak.
Lesufi sê sy party sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir die afname in die metro se bestuur nie. “Ek vind dit verregaande dat daar aangevoer word dat daar ‘n skeiding tussen die nasionale ANC en die ANC in Gauteng is. Ek was nie eers in die land ten tyde van die gesprekke oor Brink nie.”