Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos elsa@klankkoerant.co.za
Ons vind hoe die landbousektor in Gauteng in hierdie stadium lyk. Ons fokus op die Namibiese Rooilyn-regstryd en vind uit wat presies die kwessie behels. Ons fokus op die huidige stand van sake en toekomsplanne rakende die sitrusbedryf.
BKB het onlangs ’n wolmakelaarsonderneming in Amerika begin. Ons vind meer uit. Ons vind meer uit. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel. EN LandbouWeekblad gesels oor die jongste uitgawe.
Ons fokus op die moontlike groot geleenthede wat handelsbanke het om veranderinge in die landbousektor te dryf. Nóg koue op pad? Ons vind uit wat die uitwerking daarvan op landbou kan wees.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Ons fokus op die regsproses wanneer sake rakende veediefstal en brandstigting of betreding deur boere aangemeld word.
Die afgelope paar dae se sneeu het ‘n reuse-uitwerking op sommige veeboere gehad. Dis veral boere in die Vrystaat wat erg deur die koue en sneeu geraak is. Ons vind uit wat die omvang van die krisis in die provinsie is. Ons fokus op die 8ste World One konferensie – ‘n kongres waar verskeie veesiektes bespreek word en vind uit wat presies die kongres behels.
Ons gesels oor die moontlikheid dat die repokoers vandag verminder gaan word en vind uit wat dit vir die boere beteken. Die Landbou-besigheidskamer (Agbiz) het pas die resultate van hulle indeks van vertroue in die landbou vir die derde kwartaal bekend gemaak. Ons gesels daaroor. EN, ons vind uit watter weerverskynsels tans ’n invloed op die landbousektor het.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Ons fokus op ‘n identifikasiestelsel wat boere help om diere te identifiseer.
Ons fokus op die verwoestende brande in Noordwes. Ons vind uit hoe Nampo Kaap vanjaar verloop het. Ons gesels oor die hoop rakende Suid-Afrika se handelsbesprekings met China wat vleisuitvoer ‘n hupstoot kan gee.
Ons fokus vandag op die Bruto Binnelandse Produk wat nie veel opgelwer het nie om uit te vind of daar enige positiewe verwikkelinge is. Ons gesels ook oor veediefstal wat ‘n belangrike kwessie bly waaroor daar gereeld berig word om vas te stel wat die huidige stand van sake betref.
South Africa Wine het ’n nuwe program in die lewe geroep wat ten doel het om die volgende generasie leiers in die plaaslike wynbedryf touwys te maak. Ons vind meer uit. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons vind vandag uit hoe NAMPO Kaap tot dusver verloop en wat die verwagtinge vir die res van die geleentheid is. Ons fokus op die werksomstandighede van veeartse en die uitdagings waarmee die verskillende bedrywe te doen kry. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
Landbou fokus hierdie week op NAMPO Kaap Bredsadorp en dit word aangebied in samewerking met Case IH. Die Suid-Afrikaanse Kultivar- en Tegnologie-agentskap – oftewel SACTA – om uit te vind wat die agentskap se rol behels en met watter projekte hulle op die oomblik besig is. Ons gesels ook oor besproeiing en die belangrikheid van besproeiingstelsel-werkverrigting-toetsing. EN dan vind ons later uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag rakende vleis- en graanpryse gedeel word.
Ons gesels vandag oor ‘n paar ekonomiese kwessies wat die landbousektor betref. Ons fokus op buffelbewegings en die samewerking tussen WRSA en die staat in die verband. Suid-Afrika het die invoer van pluimvee en verwante produkte uit Pole gestaak ná die uitbreking van hoogs patogene voëlgriep in dié Europese land.
Nampo Kaap vind dié week plaas en ons vind uit wat sommige van die onderwerpe is wat tydens die belangrike byeenkoms bespreek gaan word. Ons gesels oor interne parasietbeheer en vind uit wat anders boere moet doen voor die lentereëns. Ons fokus vandag op die hantering van leë plaagdoder-verpakking.
Ons maak kennis met Agri Gauteng se jongboer van die jaar. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
Landbou en Pretoria FM is vandag by TLU SA se jaarlikse kongres en ons saai regstreeks van hier af uit. Ons gesels met belanghebbendes wat vandag by dié kongres betrokke is. Ons gesels onder meer oor die handves van beskerming en eiendomsreg. Misdaad op die grens tussen Lesotho en die Vrystaat is ‘n groot probleem. Ons vind later uit of daar ‘n oplossing vir die probleem is.
Ons fokus vandag op die BBP-syfers met betrekking tot die landbousektor. Ons gesels ook oor die jongste in- en uitvoer-data, asook die goeie nuus oor rentekoerse. EN, harde werk begin vrugte afwerp vir beesvleis-uitvoerders – ons vind later meer uit.
Groeivooruitsigte vir landbou se bruto binnelandse produk is volgens die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se jongste vooruitskouing swak en kan in die volgende dekade sywaarts beweeg. Ons gesels vandag verder daaroor. Die landbouorganisasie TLU SA se kongres vind hierdie week plaas. Ons vind uit wat dit behels.