LANDBOU – OKTOBER 2024

Deur on


Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos elsa@klankkoerant.co.za

Agri SA se Green Horizons-kongres het verlede week plaasgevind. Ons vind uit hoe die geleentheid verloop het. Nampo Alfa vind hierdie week by Nampo Park in Bothaville plaas. Ons vind later uit wat besoekers kan verwag.
Besproeiingsboere van Vaalharts is uiters bekommerd oor die teenwoordigheid van cholerabakterieë in die water van die Harts- en Vaalriviere in Noordwes en die Noord-Kaap. Ons vind meer uit. Ons gesels daarna verder oor die breër prentjie rakende watergehalte in die distrik. EN, ons gesels oor landelike veiligheid en ‘n miljoen-rand wat onlangs vir dié saak geskenk is.
Die maatskappy Red Meat Industry Services beplan om die eerste fase van die rooivleis-naspeurbaarheid-stelsel teen die begin van November bekend te stel. Ons vind uit wat die jongste in die verband is. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons fokus vandag op landbou in die Wes-Kaap en gesels veral oor die onlangse veterenêre dienste week. EN, ons vind uit watter weerverskynsels tans ’n invloed op die landbousektor het.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. EN, hoewel dit kalf-seisoen is, is dit ook lamseisoen en daarom fokus ons op die belangrikste siekte wat voorkom moet word en waarvoor daar beplan moet word.
Ons fokus op Agri SA se kongres wat op die 9de en 10de Oktober plaasvind om uit te vind wat die doel van kongres is. Dan vind ons uit hoe dit in hierdie stadium en oor die algemeen met die landbousektor gaan. EN, ons fokus op die hantering van leë plaagdoder-verpakking. Hoe moet boere in die verband maak? Ons vind uit!
Ons fokus op ‘n paar ekonomiese kwessies wat direk en indirek ‘n impak op die landbousektor het.
EN, dis kalf-seisoen en daarom fokus ons op die belangrikste siekte wat voorkom moet word en waarvoor daar beplan moet word.
Ons fokus vandag weer op die waarde van agri-toerisme in die land. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons gesels vandag oor brande in die breë wat die afgelope tyd tot groot skade in verskeie gebiede gelei het. Dan bly ons vir eers by die onderwerp wanneer ons ‘n bietjie meer indiepte op die onlangse brande en skade in veral die Memel-omgewing in die Vrystaat fokus. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor? Ons vind later uit.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. EN Ons fokus ook op landbou in die Noord-Kaap en die kwessies wat in hierdie stadium die meeste aandag geniet.
Ons fokus vandag weer op ‘n identifikasiestelsel wat boere help om diere te identifiseer.Die someroes is vir die tweede agtereenvolgende maand afwaarts aangepas – ons gesels later daaroor.EN, tegnologie in landbou bly op almal se lippe – ons fokus later weer so ‘n bietjie meer daarop.

Lees verder

Current track

Title

Artist