LANDBOU – JUNIE 2024

Deur on

Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos elsa@klankkoerant.co.za

Ons kyk na die jongste landbounuus, kry die damverslag en blaai deur die nuutste uitgawe van die Landbouweekblad.
Ons fokus op Agri-toerisme en navorsing in die verband. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?

Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Ons fokus vandag op die onwettige besetting van landbou navorsingsgrond en die onwettige ontbossing van natuurlike woude.
Ons fokus op die indeks van vertroue in die landbousektor vir die tweede kwartaal van die jaar wat pas uitgereik is. Ons gesels oor die Internasionale Kommissie vir Besproeiing en Dreinering wat gister hulle 75ste bestaansjaar gevier het.
Ons fokus op ‘n paar ekonomiese kwessies met betrekking tot die landbousektor op die oomblik. Ons vind uit wat die Cleaver-toekennings behels, na aanleiding van ‘n kompetisie wat erkenning aan die beste slaghuis in Suid-Afrika gee. Ons vind uit hoe melkboere in die Oos-Kaap beplan om die uitbreking van bek-en-klouseer hok te slaan.
Ons fokus vandag op 100% natuurlike kunsmisstof wat van biokoolstof en vryloop hoendermis vervaardig word. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word.
Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons vind uit wat die huidige stand van sake rakende die uitbreking van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap betref. en, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Presisie Boerdery met Inspuitbare Spoorminerale vir Volgehoue Diereprestasie en -Gesondheid.
Ons fokus op die regering van nasionale eenheid. Wat hou die toekoms vir die landbousektor en -beleid in Suid-Afrika in? Ons gesels oor politieke stabiliteit wat tot voordeel van ekonomiese groei en werkskepping en -geleenthede in Suid-Afrika sal wees. Ons bespreek die rekord van prestasie in landbou in die Wes-Kaap.
Daar word beter groei vir die vleisbedryf verwag danksy buitelandse markte. Weeklikse damverslag en Landbou Weekblad gesels oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons fokus op die bekendstelling van vier agentskappe wat die bestuur van wateropvangsgebiede gaan verteenwoordig. Ons gesels oor die dringende voedselhulp wat glo nodig is in Suider-Afrika en, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word.
Luise en myte is iets wat moontlik nou gaan begin kop uitsteek. Ons vind uit hoe om dit doeltreffend te takel en te beheer en ons gesels oor die boere in die Wes-Kaap wat vloedskade moet aanmeld.
Ons gaan maak ’n draai in die Noord-Kaap en vind uit wat die huidige stand van sake rakende landbou in die provinsie behels. Agbiz se kongres het verlede week plaasgevind. Ons vind uit hoe dit verloop het en gesels oor die rol van die jeug in die toekoms van die landbousektor en ons gesels oor die eerste vier maande se suiwel-invoere en -uitvoere.
Ons fokus op die Green Horizons-landboukongres om uit te vind wat hierdie kongres presies behels, weeklikse damverslag en Landbou Weekblad gesels oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons raak aan die logistieke krisis wat onder meer ’n impak op die landbousektor het met die fokus spesifiek op ’n plan vir spoorvervoer.
EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
1.Landboumarkteverslag deel 1 (vleispryse)
2.Landboumarkteverslag deel 2 (graanpryse)
3.Aartappels SA se opkomende kongres en die organisasie se toepassing
1.Ons fokus op landbou en die ekonomie wanneer ons oor die BBP-syfers en die handelsurplus gesels.
2.Die landbouorganisasie Saai, is hoopvol dat koalisiegesprekke familieboere in ag sal neem.
3.Red Meat Industry Services fokus vanjaar op 12 projekte in die rooivleisbedryf. Ons vind uit wat die 12de projek behels.
1.Ons fokus op Agbiz se kongres wat elke tweede jaar plaasvind.
2.Ons het verlede week op lewerslak gefokus, maar gesels vandag meer oor die beheer van dié probleem.

Current track

Title

Artist