Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos elsa@klankkoerant.co.za
Ons vind uit wat die jongste landboumarkte behels wanneer die verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die toenemende aantal mynbou-aansoeke wat op landbougrond gerig is.
Ons gesels vandag oor die aartappelbedryf en vind uit watter belangrike kwessies by Aartappels Suid-Afrika se onlangse kongres bespreek is. Ons gesels oor die geskatte mielie-oes wat 18-komma-85-persent minder is as in 2023.
Ons fokus op volhoubaarheid in die SA landbousektor wat die vereistes van die Europese Unie betref. Ons fokus op natkarkassindroom wat nou by talle skaaprasse gevind word.
Ons kyk na Lesotho se voedselsekerheidskrisis, kry die jongste damverslag, en blaai deur die jongste uitgawe van die Landbouweekblad.
Ons fokus op ‘n paar ekonomiese kwessies met betrekking tot die landbousektor op die oomblik. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor? Ons vind later uit…
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Ons fokus op vliegbeheer by vee en waarop boere moet let om doeltreffend en voorkomend in hierdie verband op te tree.
Ons gesels oor die strenger beheer wat gaan volg rakende die vervoer van vee in Oos-Kaap weens die uitbreking van bek-en-klouseer in die provinsie. Ons fokus op melkboere en die inentingsproses teen bek-en-klouseer.
Ons fokus op die agentskap vir grondhervorming en landbou-ontwikkeling. Ons maak kennis met die wenner van die Lamb Champs kompetisie wat die naweek plaasgevind het. Ons fokus op die skade in Limpopo na aanleiding van die swartryp en brande in die provinsie.
Ons vind uit of die moontlike herverkiesing van oudpresident Donald Trump ‘n uitwerking op Suid-Afrikaanse landbou kan hê. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons fokus vandag op landbou in die Wes-Kaap en die belangrikste kwessies rakende die sektor daar in hierdie stadium. Watter huidige weerverskynsels het tans ‘n impak op die landbousektor? Ons vind hier uit.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Presisie Boerdery met Inspuitbare Spoorminerale vir Volgehoue Diereprestasie en -Gesondheid
Varke se bewegings gaan nou in ‘n aanlyn-register aangeteken word – ons vind uit wat presies dié stelsel behels. Ons gesels oor die huidige stand van sake wat die varkvleis-bedryf in Suid-Afrika betref. Dan fokus ons ook later op ‘n paar ekonomiese kwessies wat tans ‘n impak op die landbousektor het.
Ons fokus op die Suid-Afrikaanse wolbedryf om uit te vind wat die huidige stand van sake rakende dié bedryf in die landbousektor is. Ons gesels oor knopvelsiekte en vind uit wat boere alles moet weet. Ons gesels dan later ook oor die belangrikheid van die hernuwing van waterlisensies.
Ons gesels vandag oor die impak van die onlangse koue en brande op landbou in Limpopo. Kry ook die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Die Senwes Groep toon goeie prestasie, ondanks verskeie struikelblokke in die landbousektor. Ons vind meer uit. Watter huidige weerverskynsels het tans ‘n impak op die landbousektor? Ons gesels later daaroor.
Ons vind uit wat die jongste landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleispryse en graanmarkte gedeel word. Ons fokus op veediefstal en die rol van tegnologie in die verband.
Ons fokus op die ontwikkeling van tegnologie in landbou na aanleiding van ’n onlangse konferensie in Spanje. Ons vind uit wat die huidige stand van die wildbedryf in die land behels. Ons fokus steeds op die koue en vind uit watter veesiektes boere kan voorkom en hoe hull dit kan voorkom.
Ons fokus op die huidige koue en deel ‘n paar ‘n wenke met boere om hulle vee doeltreffend teen die weer te beskerm. Ons deel wenke met boere om doeltreffend op te tree wat voorbrand betref. Watter landboukwessies is op die oomblik die belangrikste in die Noord-Kaap? Ons vind later uit.
Ons vind uit waarom tegnologie deurslaggewend vir suksesvolle boerdery is. Kry ook die weeklikse damverslag en Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons fokus vandag weer op landelike veiligheid na aanleiding van die jongste plaasaanval waaroor daar onlangs berig is. Oos-Kaapse melkplase ent nou voorkomend teen bek-en-klouseer in. Ons gesels later oor dié onderwerp. Watter huidige weerverskynsels het tans ‘n impak op die landbousektor? Ons vind later uit.
Ons loer vandag in by die Val Boeredag wat tans goed op dreef in Mpumalanga is. Ons vind uit wat die jongste vleis en graanpryse behels wanneer die jongste verslag gedeel word.
Ons fokus op die eknomiese voortuitsigte na aanleiding van die aanstelling van die nuwe minister van landbou en die rigting waarin dié sektor beweeg. Ons gesels oor hondsdolheid in robbe en die kommer rakende die kwessie wat tans bestaan.
Ons gesels met die nuwe minister van landbou, John Steenhuisen. Ek gesels ook met die uitvoerende hoof van Agri SA, Johann Kotzé oor dié landbouorganisasie se reaksie na aanleiding van die nuwe minister van landbou.