Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos elsa@klankkoerant.co.za
Daar word berig dat Suid-Afrikaners oor die volgende paar maande ’n tekort aan aartappels kan verwag. Ons vind vandag uit of daar werklik rede tot kommer is.Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag. EN, LandbouWeekblad gesels later oor die kwessies waaroor hulle in hulle jongste uitgawe en op hulle aanlyn-platform berig.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Ons gesels ook oor die draai van die seisoen – gegewe dat ons nou vanaf die winter na die somer beweeg.
Ek gesels vandag met die minister van landbou, John Steenhuisen oor ’n skandaal rakende 500-miljoen-rand – wat aan Onderstepoort Biologiese Produkte toegeken is, maar nou glo weg is. Ons fokus ook op die Vrystaatse grensboere se uitdagings wat groot angs en verliese veroorsaak. ’n Hofstryd dreig oor ’n beweerde “eensydige” besluit om mielies se gradering nie sondermeer afwaarts aan te pas nie. Ons kry so ‘n bietjie agtergrond oor wat die saak behels.
Die finansiële implikasies van sommige groot plae en siektes vir Suider-Afrika se sitrusbedryf is verbysterend. Ons neem dié kwessie onder die loep.
Ons gesels vandag oor die uitwerking van die uitbreking van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap op skaapboere. Ons vind ook uit met watter uitdagings skaapboere in die land oor die algemeen tans te kampe het. Ons fokus op die huidige stand van sake wat landelike veiligheid in Suid-Afrika betref.
Agri Noord-Kaap se kongres is op die oomblik aan die gang. Ons vind uit wat op die agenda van dié geleentheid is. Ons gesels oor die huidige stand van sake wat die varsproduktemark betref en vind uit watter uitdaging daar in dié bedryf bestaan. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Die landbou-organisasie Saai gesels oor hulle standpunt rakende die regering van nasionale eenheid wat die gaping moet help oorbrug wanneer rampe plase tref.
In vandag se program fokus ons op verlore werksgeleenthede in die landbousektor en vind uit hoe landbou-uitvoere in hierdie stadium lyk. Ek loer in by een van die wenners van die 12de jaarlikse Shiraz SA Challenge-kompetisie wat verlede week bekend gemaak is. EN, ons gesels oor ‘n hernude uitgawe van die boek Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere wat binnekort bekend gestel word.
Ons gesels oor naspeurbaarheid wat teen November vanjaar ’n werklikheid kan word. Ons fokus op die jongste verwikkelinge rakende protokol m.b.t. bek-en-klouseer in die suiwelbedryf. Wat behels die rol van die Suid-Afrikaanse Byebedryfsorganisasie in die landbousektor? Ons vind uit.
Ons fokus op Agri Limpopo se kongres wat vroeër die week plaasgevind het. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons fokus op die sagtevrugtebedryf en die uitvoerseisoen. Ons gesels oor die vyf plase in die Fochville-omgewing wat bykans heeltemal afgebrand het en die boere wat dringend voer vir hulle diere nodig het. EN, watter weerverskynsels het op die oomblik ’n uitwerking op die landbousektor?
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. Ons fokus later ook op georganiseerde landboustrukture in die land en boere se verantwoordelikheid om daarby betrokke te wees.
Ons fokus op die brandseisoen en vind uit waarvan boere tans moet kennis neem. Die Universiteit van die Vrystaat het aangekondig dat hy ‘n veeartsenykundige fakulteit op die been gaan bring. Ons gesels oor die voordele wat dit vir die landbousektor kan inhou. Red Meat Industry Services gesels oor vordering in die rooivleisbedryf sedert die aanstelling van die nuwe minister van landbou.
Ons fokus op bewaringslandbou en wat die groei in die verband behels. Ons gesels oor die lam en kalf seisoen wat om die draai is om uit te vind wat boere als moet weet ter voorbereiding daarvoor.
Ons gesels vandag oor die Rooivleisprodusenteorganisasie se reaksie rakende BTW op hoender. Ons vind uit hoe boere ‘n veilingskatalogus reg kan benut. Watter huidige weerverskynsels het tans ‘n impak op die landbousektor? Ons vind later uit.
Ons vind uit wat die landboumarkte behels wanneer die jongste verslag oor die huidige vleis- en graanpryse gedeel word. James Kemp fasiliteer interessante landbougefokusde gesprekke by Kragdag
Ons fokus op ‘n identifikasiestelsel wat boere help om diere te identifiseer. Ons gesels oor die opkomende NAMPO ALFA Ekspo wat om die draai is. Ons fokus op die graanbedryf na aanleiding van gerugte oor die moontlikheid van ‘n mielietekort en die uitwerking wat dit op pryse kan hê.
Ons fokus op die belangrikste ekonomiese kwessies wat landbou in hierdie stadium betref. Ons klink ‘n glasie op die eeufeesvieringe van Pinotage wat volgende jaar in Suid-Afrika gevier sal word. Ons fokus op die huidige stand van sake van landbou in die Noord-Kaap.
Ons fokus vandag op veesiektebeheer in Suid-Afrika. Bly ook ingeskakel vir die weeklikse damverslag wat soos gewoonlik op Vrydae gedeel word. Landbou Weekblad gesels later oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle hierdie week berig.
Ons fokus op die omvang van veediefstal in die land. Watter huidige weerverskynsels het tans ‘n impak op die landbousektor? Ons vind later uit.