fbpx

Laaste strooi vir grondwet en grondwetlike demokrasie

Deur on Feb 5, 2020

Nuuskommentaar: 5 Februarie

Sedert verlede jaar se uitspraak van die Konstitusionele Hof oor Maties se taalbeleid was daar ’n stroom artikels en briewe waarin mense, sommige baie bekwame regsui, hul kommer uitgespreek het oor hoe veilig die grondwet effektief in die regering se hande is nie.

Dié vraag is soort van op ’n spits gedryf deur ’n boek deur prof. Koos Malan, waar vrae deur ’n enorme kennis van staatsreg, en ’n flink brein gevra is. Die min of meer konsensus-antwoord is dat die grondwet bykans kreupel gelaat is. Die vraagtekens oor die grondwet is nou ligjare verwyder van wat eens deur byna almal wat stem gehad het, as die beste grondwet ter wêreld beskryf is. Staatsregkenners, wat darem meer objetief ’n oordeel hieroor kon uitspreek het nogal gewonder wat dan nou so watwonders was dat dit die beste grondwet kon wees. Selfs prof Marinus Wiechers het in ’n stadium skerp vrae hieroor via die media gevra.

Wel, die onsinnige antwoord was dat omdat dit in ’n stadium die nuutste ter wêreld was, dit dan noodwendig die beste moet wees. In die proses is vergeet dat die ANC sekere grondwetlike ideale sou probeer inbou wat die revolusionêre agenda sou dien. Ook ander agendas sodat lojale kaders nie sommer weens korrupsie agter tralies sou beland nie.

Al was die grondwet nie meer, soos voorheen die van ’n regstaat én ’n grondwetlike demokrasie nie, het sekere aspekte tog geblyk onskendbaar sou wees, soos die onafhanklikheid van die regbank. Die skeiding van magte het ook verskans geblyk te wees.

Maar helaas. Veral oud-pres. Jacob Zuma het gereeld allerlei besware oor die magte van die regbank gehad, veral die regte wat hy gemeen het magte inperk wat hy, volgens sy eie oordeel, oor moes beskik het. Nie dat hy hom veel aan die beperkings gesteur het nie, want hy het lustig baantjies vir boeties geskep, en boonop die beginsel van trias politca uit die dam geblaas deur die voortrek van ANC-kaders met aanstellings.

Maar in regeringsgeledere is die refrein volgehou dat dit die beste grondwet ter wêreld is.

En nou word beplan om artikel 25 van die grondwet te verander. Net om seker te maak dat dit sonder te veel weerstand geskied, word dit met ’n foefie gedoen, en boonop erken. Die doel is om die eienaar van sy grond te kan vervreem sonder dat hy selfs net ’n sent vergoeding hoef te kry.

Afgesien van die gewone regsprobleme hiermee, soos dat Suid-Afrika verskeie internasionale verdrae onderteken het waarin eiendomsreg en vergoeding erken en ondersteun word, probeer die regering nou die parlement, in plaas van die howe, die finale gesag hieroor te maak.

Die onderskeid tussen wetgewende, uitvoerende gesag en regspleging word dus, voorlopig altans, net oor hierdie een aspek, tot niet gemaak. Deur die presidentereg word die hekkie egter wyd oopgemaak, en dit kom buitendien op ’n gedeeltelike statutêre staatsgreep neer. 

Hoe meer die ANC en kornuite met foefies die grondgryp wil deurvoer, hoe meer openinge word gelaat waardeur knap regsgeleerdes ’n sterk saak in die howe kan uitmaak wat hierdie bykanse narstreke kan kelder – mits die hof onafhanklik is soos dit hoort. Maar die hof het homself nou in ’n hele aantal uitsprake al as regeringshandperdjies bewys.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist