“Laaste deel van Zondo-verslag ‘n belangrike mylpaal”

Deur on

23 Junie 2022

Die nie-winsgewende organsisasie, Corruption Watch, sê die bekendmaking van die laaste deel van die staatskapingsverslag is ‘n belangrike mylpaal in die land se pogings om die invloed van staatskaping te begryp en te verwerk.

Corruption Watch het egter gevra dat daar nou daadwerklik opgetree moet word sodat die tyd, geld en energie – wat die afgelope vier jaar daarop gespandeer is – nie verlore moet gaan nie.

Die uitvoerende direkteur van die organisasie, Karam Singh, het die werk van die kommissie geloof as een van die mees noemenswaardige wat die land nog gesien het.

Hy het gevra dat wetstoepassingsagentskappe nou moet ondersoek instel na die optrede van die omvangryke netwerk mense en instellings wat in die verslag uitgewys word.

Hoofregter Raymond Zondo het gisteraand – na vele vertragings – die laaste deel van die verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.


Current track

Title

Artist