KYK: Video wys hoe leerling alkohol in die klas drink

Deur on

9 Februarie 2024

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersvakbond, SADTU, sê hy is geskok en ontsteld oor ‘n video van ‘n leerder wat alkohol drink tydens ‘n les in die klaskamer.

Dié reaksie kom nadat ‘n video oor die voorval op die sosiale media versprei word.

SADTU sê hy veroordeel dié gedrag, maar wys ook uit dat ‘n blik gee op omstandighede waaronder sommige van hul lede moet werk.

Volgens die vakbond is dit ontstellend dat die oortreder se mede-leerders hom nie berispe nie.

Die vakbond doen ‘n beroep op die departement van basiese onderwys om die saak te ondersoek en streng op te tree teen die leerder.


Current track

Title

Artist