KYK: Tshwane-metro se aansoek om nié salarisverhogings te betaal nie, misluk

Deur on

11 September 2023

Die bedingingsraad vir plaaslike regering het die Tshwane-metro se aansoek – om vrystelling van verpligte verhogings aan sy werknemers te betaal – afgekeur.

Die metroraad het aangevoer dat hy nie geld het om die verhogings te betaal nie en dat dit die raad honderde-miljoen rand bykomend uit die sak sal jaag.

‘n Aantal werknemers neem al bykans twee maande aan ‘n onwettige staking deel wat dienslewering – en veral vullisverwydering – erg ontwrig het.

Die burgemeester, Cilliers Brink het in ‘n video gesê dat die staking besig is om af te neem, en dat dienste stadig maar seker weer hervat word.

Hy in reaksie op die bedingingsraad se uitspraak gesê dat hulle dit sal laat hersien in die Arbeidshof. Brink meen die raad het toegegee dat die Tshwane-metro finansieel swaartrek, maar het steeds die aansoek afgekeur.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist