<--Google Webmaster Tool-->

KYK: Minstens 16 voertuie in N1-botsing betrokke

Deur on

2 Julie 2022

Waarskuwing: Die video bevat kru-taalgebruik.

Minstens 16 voertuie was vroeër vanaand in ‘n botsing op die N1-hoofweg in Pretoria betrokke.

Die woordvoerder van die Tshwane-metro, Charles Mabaso sê ‘n bus, ‘n taxi, ‘n vragmotor, ‘n ambulans en ongeveer 12 ander motors was in die ongeluk betrokke.

As gevolg van die botsing is daar tans ‘n opeenhoping aan die noordekant van die snelweg, voor die Garsfontein-afrit.

Alle bane wat noord ry is gesluit. 

Die hoeveelheid beserings en pasiënttelling as gevolg van die ongeluk is nog nie bevestig nie. Luidens berigte is noodspanne steeds op die toneel.


Lees verder

Current track

Title

Artist