<--Google Webmaster Tool-->

KYK: Inwoners neem reg in eie hande, soek self na onwettige myners

Deur on

4 Augustus 2022

Talle ontevrede inwoners van Kagiso het reg in eie hande geneem en meen hulle sal self onwettige myners uit die gebied verwyder. 

Dit kom nadat meer as 100 vermeende onwettige myners en immigrante die afgelope paar dae deur die polisie by agt ou mynhope in hegtenis geneem is. Die eerste 81 verdagtes is vasgetrek nadat agt vroue in Krugersdorp verkrag is.

LEES OOK: KYK: SOSIALE MEDIA-GEBRUIKERS WOEDEND OOR CELE SE UITLATING OOR VERKRAGTINGSLAGOFFER

Verskeie groepe Kagiso-inwoners het met ‘n soektog begin na onwettige myners en meen hulle is besig om die omgewing lam te lê.

Inwoners sê hulle vrees vir hulle veiligheid. ‘n Gemeenskapslid, Thabani Zulu sê hulle het genoeg gehad van wetteloosheid. In beeldmateriaal, wat op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe die groepe mense die Zama-Zamas se strukture verwyder en het ook van die paaie in die omgewing versper.

Volgens berigte is een persoon te midde van die betoging dood.

Foto: PowerFM


Current track

Title

Artist