19 Maart 2024
Die Boks-vir-`n-boervrou-projek het `n paar jaar gelede gehelp om `n bietjie hoop te bring vir boervroue in droogtegeteisterde gebiede.
Die publiek het `n paar jaar gelede geskenkpakkies vir boervroue gepak en deur organisasies soos SAAI en AfriForum na droogtegeteisterde gebiede gestuur. Een van die pakkies het `n boervrou op haar verjaarsdag bereik en toe sy die pakkie oopmaak was daar onder meer `n string pêrels in.
Dié verhaal het Adam Tas geïnspireer om `n liedjie met die titel SAAI te skryf. SAAI word binnekort amptelik op Pretoria FM bekendgestel.
Intussen het Adam die behoefte ontwikkel om meer te wete te kom van die storie agter die liedjie en is opsoek na die boervrou wat die pakkie ontvang het en die persoon wat die geskenkpakkie gepak het.
Enigiemand met meer besonderhede oor die verhaal kan `n e-pos stuur na james@klankkoerant.co.za.
Kyk hier na die onderhoud met Adam Tas en Francois Rossouw van SAAI.