Kunsuitstalling bied géén slaap nie, maar wél die geleentheid om te dink oor ernstige wêreldkwessies

Deur on

23 Junie 2022

Twee Switserse tweelingbroers, wat bekend is vir hulle konsepkuns-uistallings wil met hulle nuutste uitstalling ‘n duidelike boodskap stuur dat “jou probleme nie so groot is soos wat jy dink nie en dat daar belangriker bekommernisse wêreldwyd is.”

Die kuns installasie staan bekend as die Zero Star Hotel en is basies net ‘n dubbelbed op ‘n platform met twee bedkassies en ‘n lamp. Dit het geen mure of ‘n plafon nie.

Frank Riklin sê eienaars van hotelle en ander verblyf kry gereeld klagtes van gaste “wat nie kon slaap nie” en meen “dit is te raserig in hulle kamers.”

Volgens hom is slaap nie die idee van die uitstalling nie, maar dwing mense om wakker te lê en om te dink aan groter probleme wat miljoene mense regoor die wêreld daagliks beleef.

Die installasie is tans langs ‘n vulstasie in die Switserse dorpie, Saillon.

Riklin sê hul nooi gaste om te dink aan ernstige onderwerpe soos oorlog, klimaatsverandering en armoede terwyl hulle sukkel om te slaap. “Nou is nie die tyd om te slaap nie, maar om te reageer.”

‘n Aand in die “hotel” sal jou £275 of sowat R4600 uit die sak jaag.


Current track

Title

Artist