fbpx

Krugerdag: Bou om te bly

Deur on Okt 10, 2019

Nuuskommentaar: 10 Oktober

“Neem uit die verlede dit wat goed is en bou die toekoms daarop”. Daardie klein drieletter woordjie in die aanhaling van wyle president Paul Kruger vorm die kern van die boodskap. Bou. Dit was heel gepas dat die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad juis vandag, op Krugerdag aangebied. Tydens die kongres is `n Bou-strategie aangekondig wat tot die pad na 2030 uitstippel. Soos die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, dr Dirk Hermann gesê het: “As jy bekommerd was oor die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi se gesondheid na hy byna `n hartaanval gekry het oor die oprigting van Soltech moet jy nou eers bekommerd wees”. En met reg – Solidariteit gaan `n kampus vir hulle privaat Universiteit, Akademia oprig ter waarde van een en `n half miljard rand.

Dit is maar een van vele projekte wat oor die volgende tien jaar aangepak word om Afrikaners se staatsbestandheid te bevorder. Staatsbestand – Dis nou nie `n woord wat dertig, of selfs vyf jaar terug al bestaan het nie. Tot `n paar jaar gelede was Afrikaners baie gemaklik daarmee om op die staat te reken vir sekere dienste. Alles van hulle veiligheid en drinkwater tot padoppervlakte en tersiêre onderrig is aan die regering oorgelaat. Maar nie meer nie. AfriForum se buurtwagte ry patrollie en hou gemeenskappe veilig terwyl ander takstrukture slaggate regmaak en intree waar die munisipaliteit te kort skiet. Dan word `n eie universiteit ook nog gebou. Selfbestuur eerder as staatsbestuur.

Maar wat staan ek en jy te doen? Oom Paul het nie gesê “neem uit die verlede en droom oor die goeie ou dae” nie. Nee, Oom Paul het gesê daar moet gebou word. En nou is nie die tyd om jou eie moontlike bydrae gering te skat nie. Raak betrokke in jou gemeenskap. Sluit by `n buurtwag aan, hou jougemeenskap veilig, raak betrokke by jou skool se beheerliggaam, doen vrywillige werk by jou plaaslike aftreeoord en bou so aan jou gemeenskap. Want glo my, die regering gaan dit nie vir jou doen nie. `n Voorspoedige Krugerdag aan al ons luisteraars.  


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist