“Kritieke sektore toenemend deur kuberkrakers geteiken”

Deur on

11 Desember 2024

Die minister in die presidensie belas met die Staatsveiligheidsagentskap, Khumbudzo Ntshavheni, sê Suid-Afrika se kritieke sektore word toenemend deur kuberkrakers geteiken.

’n LP van die MK-party, Glen Taaibosch, wou by haar weet of die SVA bewus is van enige onlangse bedreigings vir kuberveiligheid of gevalle van binnedringing, gegewe die toenemende werklikheid van kubermisdaad soos blyk uit gereelde mediaberigte oor voorvalle, veral dié wat kritieke infrastruktuur geteiken het.

Die MK-party is ook bekommerd oor bewerings dat Suid-Afrika toenemend as ’n logistieke spilpunt vir internasionale terroriste beskou word.

Ntshavheni het aan Taaibosch gesê dit is inderdaad akkuraat dat Suid-Afrika, soos talle ander ook, ’n toenemende voorkoms van kubermisdaad sien.


Current track

Title

Artist