4 September 2024
Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê die gebrek aan deursigtigheid, integriteit en behoorlike prosesse in die werwing en opleiding van die Gautengse Premier, Panyaza Lesufi, se sogenaamde misdaadbestryders, wek kommer.
Volgens AfriForum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk bevraagteken hulle die werklike doelwitte van hierdie inisiatief – veral aangesien talle bewerings van korrupsie en swak prosesse tans opslae maak.
Broodryk sê talle individue het nou na vore gekom en ernstige ongerymdhede en onreëlmatighede in die aansoekproses uitgewys.
Hy sê daar is ook individue wat na bewering hul plekke in dié program gekoop het wat die inisiatief in sy geheel in gevaar stel.
Volgens Broodryk stel dié gerugte die eerlike aansoekers in ‘n swak lig.