fbpx

Koronavirus – selfverantwoordelikheid jou beste geweer

Deur on Mrt 25, 2020

Nuuskommentaar: 25 Maart

In ’n reeds onstuimige jaar het die onvermydelike gebeur toe die eerste positiewe toets vir die koronavirus op 5 Maart bevestig is.

Sedertdien het die getal tot 116 aangegroei, met 8 gevalle waar die virus plaaslik oorgedra is. Suid-Afrika het dus die eerste gevalle van mense wat die virus nie regstreeks in geaffekteerde gebiede opgedoen het nie. Die ware syfer is waarskynlik veel hoër.

Sou die patroon van die verspreiding van die virus in die buiteland enige aanduiding wees, sal hierdie getal eksponensieel styg. Afrika en Suid-Afrika is hoogs vatbaar vir ’n onbeheerbare styging in gevalle weens, onder andere, die groot aantal burgers wat aan tuberkulose en HIV/Vigs ly, en verder ook omdat miljoene Suid-Afrikaners van openbare vervoer gebruik maak, wat blootstelling aan die koronavirus drasties vergroot.

Daar bestaan veral ernstige kommer oor die regering se vermoë om doeltreffende maatreëls in openbare ruimtes in te stel om verdere verspreiding te stuit.

As gemeenskap, hoe behoort ons die onvermydelike styging in gevalle in Suid-Afrika te benader?

In ’n neutedop moet ons “kollektiewe selfverantwoordelikheid” aan die dag lê.

Selfverantwoordelikheid is tog nog altyd deel van ons volksamestelling en dit is ons kragtigste wapen teen die uitdagings van ons tyd.

Wanneer ons voor ’n krisis of uitdaging te staan kom, soos deur ons ganse geskiedenis bewys is, het ons as’t ware sélf verantwoordelikheid aanvaar vir sake wat ons raak.

Daar is verskeie vertakkings van die eienskap van selfverantwoordelikheid, wat soos volg uiteengesit kan word:

En met die aanveg van die koronavirus word hierdie eienskappe voortgesit. Deur die Solidariteit Beweging se bekendmaking van ’n omvattende plan om die korona-pandemie aan te pak, word die volgende beoog: om mense deurlopend ingelig te hou; regsadvies word voorberei en versprei oor hoe jou werksomstandighede geraak kan word en die gevolge wat dit inhou;  daar word ook regstreeks aanlyn advies gelewer; daar word op innoverende wyses steeds na bejaardes en ons  kwesbaarstes in die gemeenskap omgesien; daar word na skole uitgereik om hulle by te staan met aanlyn klasse om die werkslading later in die jaar te verlig; en veiligheid in ons gemeenskappe word opgeknap en gemonitor.

Deur dit alles werk ons onophoudelik totdat daar uitkoms is.

En ons weet deur dit alles dat ons alleenlik mekaar kan versterk deur die genade en liefde van ons Hemelse Vader, en ons is ook in ons harte rustig omrede Hy altyd uitkoms gee.


Lees verder

Current track

Title

Artist