fbpx

KONTREIDAGBOEK/ WERKSGELEENTHEDE/ REUNIES

Deur on Feb 8, 2019

KONTREIDAGBOEK

WERKSGELEENTHEDE

REUNIES

Hoerskool Wagpos,Brits. Matrieks 2000 se 20 jaar reunie word gehou op die skool se gronde Saterdag 2 Mei 2020 vanaf 11 uur. Vir meer inligting skakel 0733414224.

“Hoërskool Lutzille word in 2020, 75 Jaar oud! Die naweek van die 14de tot die 16de Augustus 2020 bereik ons feesvieringe ‘n hoogtepunt. Die Vrydagaand wil ons soveel as moontlik oudskoliere en ondersteuners betrek.  Kontak die skool gerus indien jy dit wil bywoon by: hslutzville@gmail.com 1995-Hoërskool Lutzville Matrieks – 25 Jaar Reunie op die 15de Augustus 2020.”


Laat 'n boodskap
  1. Melodie Veldhuizen   On   Mrt 26, 2019 at 7:51 pm

    Dit het geklink na ‘n Countryfees, R80-00Goeienaand. Vanoggend het ek so in die verbygaan gehoor maar die meeste inligting gemis. Dit het geklink na ‘n Countryfees, R80-00 per volwassene. Maar ek het nie gehoor waar en wanneer nie en ook nie die kontakbesonderhede nie.

  2. Erma Janse van Rensburg   On   Mei 24, 2019 at 6:49 am

    NG Kerk Wolberg, Tzaneen. Basaar 31 Mei en 1 Junie. Bullietjie Rugby, Trompoppies,Ons gewilde sosaties,en al die ander basaar kos.

  3. Attie Boshoff   On   Mei 27, 2019 at 3:06 pm

    AP Kerk Pretoria-Oos bied ‘n Skoolverlaterskamp aan van 16-22 Junie 2019 te Esperanza (tussen Viljoenskroon en Vredefort). Baie skoolverlaters wat die kamp bygewoon het, sal sê dat die kamp dié hoogtepunt van jou skoolloopbaan is.

    Dit is ‘n geestelike kamp waar mens (tussen baie pret en kameraadskap deur) toegerus word vir die lewe na skool. Die kamp sal alle verwagtinge oortref, en dit kom met ‘n geld-terug-waarborg…

    Kontak ds. Attie Boshoff by attie.boshoff@apk.co.za vir meer inligting en inskrywingsvorms.

  4. Petrus Venter   On   Mei 29, 2019 at 6:24 am

    Hemelvaartdiens op 30 Mei 2019 by Gereformeerde Kerk Pretoria om 18h30 in historiese Paul Kruger kerk. Diens word waargeneem deur dr Petrus Venter.. Lees uit Johannes 14

  5. Yvette Lamberts   On   Jun 10, 2019 at 10:52 am

    Laerskool Pierneef in Pretoria Moot bied ‘n Damesoggend aan saam met Sorina/Flooze op 20 Julie 2019. Daar is ook ‘n Wintersmark met talle stalletjies van handsakke en serpe, juwele en krale tot wynproe en ‘n Jenewerkroeg! Definitief ‘n kueiergeleentheid wat nie gemis kan word nie. Kaartjies is R150, en sluit middagete in. Kontak die skool vir meer inligting of kaartjieverkope.

  6. Yvette Lamberts   On   Jun 10, 2019 at 11:00 am

    * Augustus hou Laerskool Pierneef ‘n Musiekfees wat niemand mag mis nie!!! Dirk vd Westhuizen en die nuwe groep “Tussen Sterre” gaan optree en vir hope vermaak sorg!! Kom honger, want daar is talle Foodtrucks met die allerheerlikste kosse te koop asook kindervermaak vir die kinders. Kaartjies is R100/volw en R80/kind en is beskikbaar by Laerskool Pierneef of kontak Yvette by yvettelamberts@icloud.com

  7. Leon Jansen   On   Jun 26, 2019 at 10:20 am

    Goeie more, daar was vanoggend ‘n pos oor die radio ge adverteer vir ‘n pos in die Congo.Persoon wat geskakel moet word is Gerrie OOsthuizen. Ek kon nie sy telefoon nommer afskryf nie, ek sien ook nie die pos op julle blad nie. Kan julle so gaaf wees en die besonderhede vir my e-pos. Dankie

    • Karen   On   Jun 27, 2019 at 10:28 am

      WERKSGELEENTHEDE: 26 JUNIE

      Ek is op soek na iemand wat gesond is, met n paspoort om in die Demokratiese Republiek van die Kongo te gaan werk.
      Geen ondervinding word benodig nie opleiding sal verskaf word. Enige ouderdom selfs pensioenarisse. Solank die person van avontuur en die buite lewe hou.
      Dis baie dringend ons vetrek oor twee weke.
      As u miskien my nommer kan deurgee op u program, sal ek dit baie waardeer.
      Baie dankie,
      Groete
      Gerrie Oosthuizen
      0825684245

      • Paul Nel   On   Jul 20, 2019 at 10:36 am

        Ek is opsoek na n pos as swaarvoertuig bestuurder asseblief. Het n kode 10 met pdp en 16 jaar +ondervinding busse en trokke. Verkieslik in pretoria omgewing tans werkloos dadelik beskikbaar. 54 jaar oud en gesond.

        • Karen   On   Jul 23, 2019 at 9:55 am

          Beste Paul
          Ongelukkig soek ons nie werk vir mense nie. Ons saai slegs werksgeleenthede soos verskaf deur werkgewers uit en wel op Woensdae. Hierdie is ‘n gratis diens en werkgwers kan net hulle beskikbare poste aan ons e-pos by bg adres. Hierdie geleenthede word ook op ons webwerf geplaas vir die hele week sodat luisteraars dit kan sien sou hulle die program misloop.: Ek deel graag die skakel:
          https://www.pretoriafm.co.za/kontreidagboek-werksgeleenthede-reunies/

          U kan ook Moreletapark gemeente se werksoekspan kontak: Kyk hier….

          Ek bedryf die Skatkisbediening by Moreletapark Gemeente. Dit is ‘n werksoeker en werkgewer projek, Werkgewers stuur poste wat by hulle firmas beskikbaar is na my epos adres en ek stuur dit uit op bulkmail na die 1900 persone wie op die skatkisdatabasis geregistreer is. As jy dan kwalifiseer en belangstel in ‘n pos stuur jy jou CV direk na die werkgewer. Ek het op Woensdagoggende ‘n skatkisbyeenkoms hier, waar werksoekers hiernatoe kom en bietjie gesels oor hulle behoeftes, oor ‘n koppie koffie en beskuit.
          Vir meer inligting skakel my – Lorraine Erasmus
          t. 012 997 8104; f. 0866876687
          epos: Lorraine@moreleta.co.za/skatkis@moreleta.co.za
          Sekretaresse en Administratiewe Beampte
          Eksterne Fokus

          Alternatiewelik kan mense ‘n cv stuur na Esté de Klerk . Hulle is ‘n personeelagentskap
          Groete Karen Zeelie

  8. fred van der flaes   On   Jul 15, 2019 at 10:59 am

    Ek is n pensionaris met goede gesondheid ek is op soek na n kamer om te huur,enige stil plek😃
    Het jare in die telekommunkasie bedryf gewerk en het n diploma van die Technikon.
    kan altyd help met allerlei klein werktjies by die huis.
    Kontak my asb:076 8277 461

  9. Richard   On   Jul 22, 2019 at 10:18 am

    goeie more, ek soek asb. na kontak besonderhede van die Sink restaurant waaroor Jaque Botes op Saterdag met, ek dink Willie Strauss praat. volgens my ore is die restaurant in Cullinan.
    baie dankie
    Richard

  10. Jacobus Steyn   On   Jul 22, 2019 at 1:39 pm

    Goeie more.
    Ek benodig asb dringend ‘n betrekking. Ek het Matriek en N3. Ek het 18 jaar ondervinding as ‘n Diesel en Eart moving equipment werktuigkundige. Ek het by verskeie myne en Civil Engineering maatskappye, die DRC and ook Angola gewerk. Ek is beried om te hervestig indien noodsaaklik. Skakel Jacobus 0606892025

    • Karen   On   Jul 23, 2019 at 9:50 am

      Beste Mnr Steyn

      Ongelukkig soek ons nie werk vir mense nie. Ons saai slegs werksgeleenthede soos verskaf deur werkgewers uit en wel op Woensdae. Hierdie is ‘n gratis diens en werkgwers kan net hulle beskikbare poste aan ons e-pos by bg adres. Hierdie geleenthede word ook op ons webwerf geplaas vir die hele week sodat luisteraars dit kan sien sou hulle die program misloop.: Ek deel graag die skakel:
      https://www.pretoriafm.co.za/kontreidagboek-werksgeleenthede-reunies/

      U kan ook Moreletapark gemeente se werksoekspan kontak: Kyk hier….

      Ek bedryf die Skatkisbediening by Moreletapark Gemeente. Dit is ‘n werksoeker en werkgewer projek, Werkgewers stuur poste wat by hulle firmas beskikbaar is na my epos adres en ek stuur dit uit op bulkmail na die 1900 persone wie op die skatkisdatabasis geregistreer is. As jy dan kwalifiseer en belangstel in ‘n pos stuur jy jou CV direk na die werkgewer. Ek het op Woensdagoggende ‘n skatkisbyeenkoms hier, waar werksoekers hiernatoe kom en bietjie gesels oor hulle behoeftes, oor ‘n koppie koffie en beskuit.
      Vir meer inligting skakel my – Lorraine Erasmus
      t. 012 997 8104; f. 0866876687
      epos: Lorraine@moreleta.co.za/skatkis@moreleta.co.za
      Sekretaresse en Administratiewe Beampte
      Eksterne Fokus

      Alternatiewelik kan mense ‘n cv stuur na Esté de Klerk . Hulle is ‘n personeelagentskap
      Groete Karen Zeelie

  11. Sybert Smit   On   Jan 13, 2020 at 8:22 pm

    Hoerskool Wagpos,Brits.
    Matrieks 2000 se 20 jaar reunie word gehou op die skool se gronde Saterdag 2 Mei 2020 vanaf 11 uur.
    Vir meer inligting skakel 0733414224.

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist