KOLSKOOT – 2021

Deur on

Weeklikse wapen en jag-program met Karoo Outdoor

18 Junie- MD gesels met Danie Brink oor die belangrikheid daarvan om voorbereid in die jagveld aan te kom.
11 Junie- In vandag se ‘Kolskoot met Karoo Outdoor’ gesels MD met Valentyn van der Merwe oor die belangrikheid van dopvoorbereiding tydens die herlaai proses.
4 Junie- MD gesels met Jan van Niekerk oor die verskille tussen ‘n 30-06 en 308 en hoekom hierdie 2 kalibers gereeld sorg vir interessante gesprekke rondom die vure.
28 Mei- Kolskoot met Karoo Outdoor: Dr. Danie Brink vertel meer oor die etiese waardes daarvan om te voet te jag. Ons gesels oor ‘n paar hulpmiddels beskikbaar wanneer jy te voet jag en deel ook ‘n paar handige wenke. PULSAR vertel van hulle nuutste reeks nagsig toerusting wat beskikbaar is by www.karoooutdoor.com
21 Mei- Kolskoot met Karoo Outdoor: Vandag in Kolskoot gesels ons met Valentyn van der Merwe oor herlaai. Waar begin ‘n mens, hoekom sommige mense self herlaai en wat jy nodig het om aan die gang te kom. Next Level Knaldempers vertel ook van hulle unieke dempers beskikbaar vir amper enige kaliber wat jy aanlyn kan koop by www.karoooutdoor.com
14 Mei- ‘Kolskoot met Karoo Outdoor’ – Ons gesels vandag oor kaliberkeuse en die verskillende faktore om in gedagte te hou wanneer jy as jagter hierdie keuses moet maak. Wat bied die nuwe ‘Rudolph Optics’ reeks teleskope?
7 Mei- Dr. Danie Brink gesels oor wapenveiligheid en ons ontmoet vir Etienne du Plessis, Besturende Direkteur van Karoo Outdoor om ons meer te vertel oor wat Karoo Outdoor alles bied.

Current track

Title

Artist